Die Bospatrys (Dendroperdix sephaena) is 'n algemene standvoël en kom in noord Namibië, noord en oos Botswana, Zimbabwe, Mosambiek, Noordwes, Limpopo en Mpumalanga voor. Die voël is 30 – 35 cm groot en weeg 240 – 460 gram. Hulle leef in beboste savanne en boomvelde. In Engels staan die voël bekend as Crested francolin.

Fotogalery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Verwysings

Kategorie:Kwartels, patryse en fisante