Johannes Kerkorrel (27 Maart 1960 – 12 November 2002) was 'n Afrikaanse joernalis en musikant. Sy regte naam was Ralph John Rabie.

Rabie is in Johannesburg gebore en was 'n joernalis by die Afrikaanse weekblad, Rapport. In 1986 begin hy liedjies met 'n politiese tema tydens kunsfeeste (onder die verhoognaam Kerkorrel) te sing. Sommige van hierdie liedjies was teen die destydse regering, en in besonder, teen staatspresident P.W. Botha gemik. Hy word in 1987 afgedank omdat hy aanhalings uit Botha se toesprake in sy musiek gebruik het.

Ná sy afdanking word Rabie 'n voltydse musikant onder die verhoognaam Johannes Kerkorrel en die Gereformeerde Blues Band. Hulle musiek is destyds as Alternatiewe Afrikaans beskryf.

In 1989 stel hulle die album, Eet kreef, vry. Die album was 'n kommersiële sukses, ten spyte daarvan dat die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie geweier het om van die snitte uit te saai. Hulle daaropvolgende toer is Voëlvry genoem, wat aanleiding tot die sogenaamde Voëlvry-beweging gegee het.

Rabie besoek Amsterdam in 1990. Byna terselfdertyd word die snit Hillbrow op sy Eet kreef-album 'n treffer in België, waarna Rabie sy sukses met 'n solo-toer opvolg. In 1991 geniet hy aansienlike sukses in België en Nederland. Hier raak hy met die Nederlandse sanger Stef Bos bevriend, met wie hy 'n aantal konserte saam opgevoer het.

Op 12 November 2002 hang Rabie homself in Kleinmond, naby Hermanus aan die Wes-Kaapse kus. Hy is deur sy homoseksuele lewensmaat, sy geskeide vrou en 'n seun oorleef.

Albums Eet Kreef (1989) Sit Dit Af Tronk Liefde Ossewa Hillbrow Donker Donker Land Energie BMW Ou Ou Lied van Afrika Ry

Bloudruk (1992) Halala Afrika Ballade van 'n Mynwerker Sy Beweeg Somer Dêrde Wereld Revolusie Persreen Toekomsrap Hoe Ek Voel Blou Aarde

Cyanide in the Beefcake (1994) Daar is Geen Absoluut Goed Speel My Pop Dirty Business Elektriese Stoel Te Veel Vir 'n Witvrou In Afrika Awuwa (Dansen) River Of Love Mozambique Alles Beter Binne Die Droom Waiting For Godot

Ge-trans-for-meer (1996) Sê-sê Europhobia Oe, Die Kaap Changes Paradys Elvis Dawid Ryk Wanhoop in die Vrystaat Al Lê Die Berge Nog So Blou Snor City My Ewig Ontwykende Beminde Boogskutter Onder In My Whiskeyglas Foto Ewig Jonk

Tien Jaar Later (1998) Sit Dit Af Hillbrow BMW Halala Afrika Somer Revolusie Daar Is Geen Awuwa River Of Love Europhobia Onder In My Whiskeyglas Al Lê Die Berge Nog So Blou River Of Love (Remix) Wat 'n Vriend Het Ons In PW Almal Moet Gerook Raak

Sing Koos du Plessis (1999) Stemme In Die Môre Najaarsdroom Swerwers (Radio Trance Mix) Skimme (Ambient Radio Mix) Hier's Ons Almal Tesaam Skadu's Teen Die Muur Spore Op Die Maan As Jy My Kan Volg Vermiste Mense Sprokie Vir 'n Stadskind Skielik Is Jy Vry Nagwag Molberge Skimme (Dub Shuffle) Swerwers (Instrumental Ambient Space Mix)

Die Anderkant (2000) Die Ander Kant Die Sirkusdier Slaap Klein Beminde Dis Net Jy Aa, Mens! Die Balkon Walking In The Rain Bierfeesten Die Stad Bloei Vanaand Net 'n Bietjie Liefde

Voëlvry Die Tour (2002) Sit Dit Af -- Gereformeerde Blues Band Bomskok Babalaas -- Koos Kombuis Paranoia In Parow-Noord -- Koos Kombuis Hou My Vas Korporaal -- Bernoldus Niemand My Broken Heart -- Bernoldus Niemand BMW -- Gereformeerde Blues Band Wat 'n Vriend Het Ons In PW -- Gereformeerde Blues Band Almal Moet Gerook Raak -- Gereformeerde Blues Band Avbob -- Gereformeerde Blues Band Autobank Vastrap -- Koos Kombuis Fanie -- Koos Kombuis Hillbrow -- Gereformeerde Blues Band Lied Van Ou Afrika -- Gereformeerde Blues Band Snor City -- Bernoldus Niemand Vakansie In Lusaka -- Koos Kombuis Where Do You Go To PW? -- Koos Kombuis Tronk -- Gereformeerde Blues Band Die Nuus -- Gereformeerde Blues Band Barend Vat Ons Geld -- Gereformeerde Blues Band Ossewa -- Gereformeerde Blues Band Siembamba -- Koos Kombuis & Johannes Kerkorrel

Sien ook Afrikaanse musiek Suid-Afrikaanse musikante

Verwysings

Eksterne skakels

Who killed Johannes Kerkorrel? AweTV Doccie

Kategorie:Suid-Afrikaanse musici Kategorie:Suid-Afrikaanse dade van selfmoord Kategorie:Afrikaanse sangers Kategorie:Afrikaners Kategorie:Geboortes in 1960 Kategorie:Sterftes in 2002