Bhojpuri (𑂦𑂷𑂔𑂣𑂳𑂩𑂲, ) is 'n Indo-Ariese taal wat deur sowat 40 miljoen mense in Noord-Indië, Mauritius en Nepal gepraat word. Dit word hoofsaaklik in die Indiese deelstate Uttar Pradesh, Bihar en Jharkhand asook in Guyana, Mauritius, Suriname en Fidji gepraat. Bhojpuri word in Kaithi en Tirhuta geskryf, twee Brahmi-skrifte uit die Indiese skriffamilie, asook in Nastaliq, 'n Perso-Arabiese skrif.
duimnael|links|Die woord "bhōjapurī" in Devanagari-skrif duimnael|links|Die woord "bhōjapurī" in Kaithi-skrif Bhojpuri behoort tot die Bihari-tale, d.w.s. tale wat nou verwant is aan Hindi en soms as dialekte van dié taal beskou word. Die Bihari-tale vorm 'n dialekkontinuum wat 'n presiese afbakening van enkele tale moeilik maak. Sedert Maart 2018 is Maithili een van die Indiese deelstaat Jharkhand se ampstale. Aangesien alle inheemse moedertale van Nepal as nasionale tale erken word, dien Bhojpuri as een van Nepal se baie nasionale tale.
Bhojpuri word ook in Pakistan, Jamaika, Belize, dele van die Karibiese gebied en Suid-Afrika gepraat. Karibiese Hindoestani én Fidjiaanse Hindi het uit beide Awadhi en Bhojpuri ontwikkel. Fidjiaanse Hindi dien saam met Engels en Fidjiaans as die ampstale van die eilandnasie Fidji.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Bihari-tale Kategorie:Tale van Mauritius Kategorie:Tale van Fidji Kategorie:Tale van Nepal Kategorie:Tale van Suid-Afrika Kategorie:Uttar Pradesh