Piet Botha (18 Julie 1955 – 2 Junie 2019) Local Rockstar Piet Botha dies was 'n Afrikaanse sanger en liedjieskrywer. Hy was die seun van Pik Botha, die wêreld se langsdienende Minister van Buitelandse Sake. Die Afrikaanse skrywer en kunstenaar Lien Botha is sy jonger suster.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,

Biografie duimnael|links|Pik Botha, sy eerste vrou, Helena, en hul drie oudste kinders, Roelof, Piet en Anna, ca. 1960. Lien is later gebore. Piet Botha is in 1955 gebore en deel sy geboortedatum van 18 Julie met Nelson Mandela. Hy begin om liedjies te skryf en musiek te maak terwyl hy nog op skool is. In 1974 hou hy sy eerste professionele konsert as 'n akoestiese duo saam met Abner Smith by die Keg and Tankard in Pretoria. Daarna word hy deel van die musiekgroep Raven wat in 1979 hul enkelsnit Wheel of Fortune vrystel.

Tussen 1981 en 1983 was hy betrokke by die groep Wildebeest en in 1984 begin hy die musiekgroep Jack Hammer. Botha is in 1985 na die VSA om daar te gaan werk, maar keer in 1986 terug na Suid-Afrika. Botha en die lede van Jack Hammer kom weer bymekaar en reik die eerste Jack Hammer-album, Jack Of All Trades in 1987 uit. Gedurende 1991 aanvaar Botha 'n aanbod om saam met Silver Creek Mountain Band te speel en hy tree saam met hulle op vir 'n jaar lank, ses nagte per week.

Sy eerste Afrikaanse album, ’n Suitcase vol winter, is in 1997 bekendgestel. Van sy bekendste liedjies sluit in Blues vir Louise, ’n Suitcase vol winter en Vandat jy weg is. Hy ontvang ’n SAMA-prys vir 'n leeftyd se bydrae tot Suid-Afrikaanse musiek by die 12de Suid-Afrikaanse Musiekpryse wat op 6 Mei 2006 in die Superbowl te Sun City plaasgevind het. In 2002 is hy by die SA Rock Hall of Fame ingelyf en in 2003 word sy album Die Mamba aangewys as SA Rock Digest se album van die jaar. In 2006 is hy deur die FAK vir sy bydrae tot Afrikaans vereer.

In 2011 verskyn Botha in 'n televisie-program genaamd "Wie Lê Waar" op die Afrikaanse TV-kanaal kykNET, waarin Botha die grafte van bekende Afrikaanse ikone besoek en hulle biografieë vertel. Die reeks lei dan ook dan indirek na die opneem en uitreik van Spookpsalms, Piet Botha se eerste solo-album in 8 jaar.

In Februarie 2018 word Piet Botha se album Die Middernagtrein vrygestel. Dié album word aangewys as 'Beste Rock-album van die Jaar' by die Ghoema-musiektoekennings 2019.

Piet Botha is op 2 Junie 2019 oorlede ná 'n kort stryd met kanker.

Albums duimnael|300px|Toneel tydens een van Botha se optredes in 2009. duimnael|300px|Piet Botha op verhoog by die Riders from the Storm-konsert, Atterburyteater, 2018. 'n Suitcase Vol Winter, 1997 WILDEBEEST Donkermaan Sien Jou Weer Marilyn Monroe Suitcase Vol Winter Van Tonder Die Kind Goeienag Generaal Klein Bietjie Reën In Die Transvaal Staan Saam Burgers Gipsey In Jou Oë Kom Huistoe

Jan Skopgraaf, 1999 WILDEBEEST Jan Skopgraaf Haiku Vir Rooijan Blues Vir Louise Loftus Versfeld Kankerreën Slawereën Allesverloren Van Tonder deel II Boomstraat Laat Die Wiele Rol Riemtelegram

Die Hits – Piet Botha, 2001 EMI

Die Mamba, 2003 RHYTHM Warm Heuning Bye Bye My Darling Man Met Kitaar Die Mamba O My Heiland Al Die Stede Skielik Somer Die Gemmerbroodman Bordello Bosveldpad Herfsgedagtes Kitty Jacob Klipkop Jeffreysbaai (instrumentaal)

Spookpsalms, 2011 Wolmer Records (Onafhanklik)

Die Middernagtrein, 2018 Wolmer Records (Onafhanklik)

Sien ook Afrikaanse musiek Lys van Suid-Afrikaanse musikante

Verwysings

Eksterne skakels Piet Botha se amptelike webtuiste Botha se profiel op jackhammer.co.za

Kategorie:Suid-Afrikaanse musici Kategorie:Afrikaanse sangers Kategorie:Geboortes in 1955 Kategorie:Sterftes in 2019