duimnael|links|Ojos del Salado soos vanaf die suide gesien Ojos del Salado (volle naam: Nevado Ojos del Salado) is 'n berg in Suid-Amerika wat in die ooste van die Atacamawoestyn op die grens tussen Argentinië en Chili geleë is. Met 'n hoogte van 6 893 meter is dit die hoogste vulkaan ter wêreld, die tweede hoogste berg in die Andes, Suid-Amerika, die Amerikas, die Suidelike Halfrond en die Westelike halfrond ná die Aconcagua. Die Ojos del Salado is die tweede hoogste berg buite Asië en die 189ste hoogste berg ter wêreld. Dit is een van die Vulkaniese Sewe Kruine.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Andes Kategorie:Berge van Argentinië Kategorie:Berge van Chili Kategorie:Vulkane Kategorie:Vulkaniese Sewe Kruine