Henri-Émile-Benoît Matisse (; 31 Desember 1869 – 3 November 1954) was 'n Franse kunstenaar, bekend vir sy gebruik van kleur en sy vloeiende en oorspronklike ontwerptekenkuns. Hy was 'n tekenaar, afdrukmaker en beeldhouer, maar is primêr bekend as 'n skilder. Matisse word algemeen beskou, saam met Pablo Picasso en Marcel Duchamp, as een van die drie kunstenaars wat gehelp het om die rewolusionêre ontwikkelings in die beeldende kunste te definieer tydens die aanvangsdekades van die twintigste eeu, verantwoordelik vir beduidende ontwikkeling in die skilderkuns en beeldhouwerk. Hoewel hy aanvanklik gebrandmerk is as 'n Fauve (Frans vir wilde dier), is hy in die 1920's toenemend geprys as 'n fakkeldraer van die klassieke tradisie in die Franse skilderkuns.Wattenmaker, Richard J.; Distel, Anne, et al. (1993). Great French Paintings from the Barnes Foundation. New York: Alfred A. Knopf. . p. 272 Sy bemeestering van die ekspressiewe taal van kleur en tekenwerk, vertoon in 'n versameling van werke wat oor 'n halwe eeu strek, verwerf vir hom erkenning as 'n leidende figuur in moderne kuns.Magdalena Dabrowski Department of Nineteenth-Century, Modern, and Contemporary Art, The Metropolitan Museum of Art Source: Henri Matisse (1869–1954) | Thematic Essay | Heilbrunn Timeline of Art History | The Metropolitan Museum of Art Verkry: 30 Junie 2010

Vroeë jare en opvoeding Matisse is gebore in Le Cateau-Cambrésis, Nord, Frankryk, as die oudste seun van 'n welvarende graanhandelaar.Spurling, Hilary (2001). The Unknown Matisse: A Life of Henri Matisse: The Early Years, 1869–1908. University of California Press, 2001. . pp. 4–6 Hy word groot in Bohain-en-Vermandois, Picardie, Frankryk. In 1887 vetrek hy na Parys om in die regte te studeer. Na hy sy kwalifikasie bekom hy werk as 'n hof administrateur in Le Cateau-Cambrésis. Hy het eers in 1889 begin skilder, na sy ma vir hom kunsbenodigdhede gebring het gedurende 'n hersteltydperk weens blindedermontsteking. Hy ontdek "'n tipe paradys" soos hy dit later beskryf,Leymarie, Jean; Read, Herbert; Lieberman, William S. (1966), Henri Matisse, UCLA Art Council, p.9. en besluit om 'n kunstenaar te word, tot sy pa se diepe teleurstelling.Bärbel Küster. "Arbeiten und auf niemanden hören." Süddeutsche Zeitung, 6 Julie 2007. The Unknown Matisse, pp 352–553..., ABC Radio National, 8 Junie 2005 In 1891, keer hy terug na Parys om in die kunste te studeer te Académie Julian en word 'n student van William-Adolphe Bouguereau en Gustave Moreau. Aanvanklik skilder hy stillewes en landskappe in 'n tradisionele styl, waarin hy 'n redelike vlak van vaardigheid bereik. Matisse word beïnvloed deur die werke van vroeëre meesters soos Jean-Baptiste-Siméon Chardin, Nicolas Poussin en Antoine Watteau, asook moderne kunstenaars soos Édouard Manet en die Japannese kuns. Chardin was een van Matisse se mees bewonderende skilders; as kunsstudent het hy afdrukke gemaak van vier Chardin skilderye in die Louvre.Spurling, Hilary. The Unknown Matisse: A Life of Henri Matisse, the Early Years, 1869–1908. p.86. aanlyntoegang 15 Julie 2007

In 1896 en 1897, besoek Matisse die Australiese skilder John Peter Russell op die eiland Belle Île langs die kus van Bretagne. Russell stel hom bekend aan Impressionisme en die werk van van Gogh, wat 'n vriend van Russell was maar op daardie tydstip nog totaal onbekend. Matisse se styl verander heeltemal, en hy sou laterjare sê "Russell was my leermeester, en Russell het die kleurteorie aan my verduidelik." In 1896 stal Matisse vyf skilderye uit in die salon van die Société Nationale des Beaux-Arts. Twee daarvan is deur die staat aangekoop.Henri and Pierre Matisse , Cosmopolis, No 2, Januarie 1999

duimnael|upright|links|Portert van Henri en Amélie, 1898, gedurende hul huwelik Hy kry 'n dogter, Marguerite (gebore 1894), by die model Caroline Joblau. In 1898 trou hy met Amélie Noellie Parayre; die twee maak Marguerite saam groot en het saam ook twee seuns, Jean (gebore 1899) en Pierre (gebore 1900). Marguerite en Amélie het gereeld as modelle geposeer vir Matisse.Marguerite Matisse Verkry Desember 13, 2010

In 1898, onder advies van Camille Pissarro, gaan hy Londen toe om die skilderye van J. M. W. Turner te bestudeer en gaan op 'n reis na Korsika.Oxford Art Online, "Henri Matisse" Met sy terugkeer in Parys in Februarie 1899, werk hy langs Albert Marquet en saam met André Derain, Jean Puy, en Jules Flandrin. op bladsy 23 van Google-boek skakel Matisse verdiep homself in die werk van ander en beland in die skuld weens die aankoop van werke van skilders wat hy bewonder. Die werke wat hy in sy huis gehang en vertoon het sluit in 'n gipsborsbeeld deur Auguste Rodin, 'n skildery van Paul Gauguin, 'n tekening deur Vincent van Gogh en Paul Cézanne se Drie baaiers. In Cézanne se insig van prentstruktuur en kleur, vind Matisse sy vernaamste inspirasie.Leymarie, Jean; Read, Herbert; Lieberman, William S. (1966), Henri Matisse, UCLA Art Council, p.10.

Baie van Matisse se skilderye van 1898 tot 1901 maak gebruik van 'n Divisionistiese tegniek wat hy aangeneem het na die lees van Paul Signac se essay, "D'Eugène Delacroix au Néo-impressionisme". Sy skilderye van 1902–1903, 'n tydperk van materiële swaarkry vir die kunstenaar, is betreklik droewig en openbaar 'n besorgdheid met vorm. Met sy eerste probeerslag in die beeldhoukuns, 'n replika van Antoine-Louis Barye, in 1899, dompel hy baie van sy energie in kleiwerk, en voltooi Die Slaaf in 1903.Leymarie, Jean; Read, Herbert; Lieberman, William S. (1966), Henri Matisse, UCLA Art Council, pp.19–20.

Fauvisme

Fauvisme as 'n styl het omstreeks 1900 begin en tot ná 1910 geduur. Die beweging self was net 'n paar lank jaar aktief, 1904–1908, en daar was drie uitstallings. Die leidende figure in die beweging was Matisse en André Derain. Matisse se eerste solo-uitstalling was by Ambroise Vollard se galery in 1904, en sonder veel sukses. Sy liefde vir helder en ekspressiewe kleur het eers meer duidelik kenbaar na vore getree na die somer van 1904 waartydens hy in Saint-Tropez geskilder het saam met die neo-impressioniste Signac en Henri Edmond Cross. In daardie jaar lewer hy sy belangrikste neo-impressionistiese werk, Luxe, Calme et Volupté. In 1905 reis hy weer suidwaarts om in Collioure saam met André Derain te werk. Sy skilderye uit die tydperk is gekenmerk deur plat vorms en gekontroleerde lyne. Hy gebruik ook pointillisme in 'n minder gestrenge mate as voorheen.

In 1905 stal Matisse en 'n groep kunstenaars, nou bekend as "Fauves," saam uit in 'n kamer in die Salon d'Automne. Die werke druk emosie uit met wilde en dikwels strydige kleure, sonder agting vir die onderwerp se natuurlike kleure. Matisse stal Die oop venster en La femme au chapeau (Vrou met die hoed) uit by die Salon. Kritikus Louis Vauxcelles beskryf die werk met die opmerking "Donatello parmi les fauves!" (Donatello tussen die wilde diere), verwysend na 'n Renaissance-agtige beeldhouwerk wat die kamer met hulle versameling gedeel het. Sy opmerking verskyn op 17 Oktober 1905 in Gil Blas, 'n dagblad, en word 'n destydse populêre sêding. Die uitstalling ontvang wrang kritiek—"'n Blik verf is in die gesig van die publiek gegooi" sê die kritikus Camille Mauclair—maar ook enkele gunstige resensies. Wanneer die skildery wat uitgesonder is vir spesiale afkeuring, Matisse se Vrou met 'n hoed, gekoop word deur Gertrude en Leo Stein, verbeter die beleërde kunstenaar se moraal aansienlik.

Matisse word erken as die leier van die Fauves, saam met André Derain; die twee was vriendskaplike mededingers, elk met sy eie volgelinge. Ander lede was Georges Braque, Raoul Dufy en Maurice de Vlaminck. Die simbolis Gustave Moreau (1826–1898) was die beweging se inspiratoriese leermeester; as 'n professor by die École des Beaux-Arts in Parys, het hy studente gedruk om buite die lyne van formaliteit te dink en hulle eie sienings te volg.

In 1907 het Guillaume Apollinaire, na kommentaar oor Matisse in 'n artikel gepubliseer in La Falange, gesê, "Ons is nie hier in die teenwoordigheid van 'n oordadige of ekstreme onderneming nie: Matisse se werk is uiters redelik." Maar Matisse se werk uit daardie tyd het ook heftige kritiek ontlok, en dit was vir hom moeilik om vir sy gesin te sorg. Sy opspraakwekkende 1907 skildery Nu bleu was in beeld verbrand by die Armory Show in Chicago in 1913.

Die agteruitgang van die Fauvistiese beweging na 1906 het geen uitwerking op Matisse se opgang gehad nie; heelwat van sy beste werke is gelewer tussen 1906 en 1917, as aktiewe deelnemer van die groot samekoms van kunstalent in Montparnasse, selfs al het hy nie heeltemal ingepas met sy konserwatiewe voorkoms en streng bourgeois werksetiek nie. Hy het aangehou met die absorbeer van nuwe invloede: hy reis na Algerië in 1906 om Afrikaanse kuns en primitivisme te bestudeer; na besigtiging van 'n groot uitstalling Islamitiese kuns in München in 1910, spandeer hy twee maande in Spanje om Moorse kuns te bestudeer. Hy besoek Marokko in 1912 en weer in 1913, en terwyl hy skilder in Tangier maak hy verskeie innoverende veranderings aan sy werk, insluitende sy gebruik van swart as 'n kleur.Die effek daarvan op Matisse se kuns word beskryf as 'n nuwe vrymoedigheid met die gebruik van intense, ongereguleerde kleur, soos met L'Atelier Rouge (1911).

Matisse het 'n lang verbintenis met die Russiese kunsversamelaar Sergei Shchukin gehad. Hy skilder een van sy vernaamste werke, La Danse (Die dans), spesiaal vir Shchukin as deel van 'n tweedelige-skilderopdrag, waarvan die ander skildery Musiek (1910) is. 'n Vroeëre weergawe van La Danse (1909) is in die versameling van die Museum of Modern Art in New York.

Gertrude Stein, Académie Matisse en die Cone susters duimnael|links|upright|Henri Matisse in Parys, 13 Augustus, 1913. Geneem deur Carl Van Vechten

Rondom April 1906 ontmoet hy Pablo Picasso, wat twaalf jaar jonger as Matisse was. Die twee word lewenslange vriende asook mededingers en word dikwels vergelyk; 'n belangrike verskil tussen hulle was dat Matisse uit die natuur geneem en geskilder het, terwyl Picasso veel meer geneig was om vanuit sy verbeelding te werk. Die onderwerpe die meeste deur die twee kunstenaars geskilder was vrouens en stillewes, met Matisse wat meer eerder sy figure in 'n ten volle gerealiseerde interieur sou plaas. Matisse en Picasso is die eerste keer saamgebring by die salon van Gertrude Stein en haar metgesel Alice B. Toklas. Gedurende die eerste dekade van die twintigste eeu was Amerikaners in Parys— Gertrude Stein, haar broers Leo Stein, Michael Stein en Michael se vrou Sarah Stein—belangrike versamelaars en ondersteuners van Matisse se skilderye. Benewens Gertrude Stein se twee Amerikaanse vriende van Baltimore, het die Cone susters, Claribel en Etta, groot beskermhere geword van Matisse en Picasso, en versamel honderde van hul skilderye en tekeninge. Die Cone-versameling word nou in die Baltimore Museum of Art uitgestal.

Terwyl talle kunstenaars die Stein-salon besoek het, is heelwat van hierdie kunstenaars nooit verteenwoordig teen die mure van 27 Rue de Fleurus nie. Waar Renoir, Cézanne, Matisse en Picasso se werke Leo en Gertrude Stein se versamelings oorheers het, het Sarah Stein se versameling Matisse veral benadruk.(MoMA, 1970 by 28)

As tydgenote van Leo en Gertrude Stein het Matisse en Picasso deel geword van hulle sosiale kringe en gereeld die byeenkomste bygewoon wat op Stardagaande by 27 Rue de Fleurus plaasgevind het. Gertrude skryf die begin van die Saterdagaandbyeenkomste toe aan Matisse en maak die opmerking: Meer en meer geredelik het mense begin besoek aflê om Matisse se werke te besigtig—en die Cézanne’s: "Matisse het mense gebring, almal het iemand gebring en hulle het enige tyd ingeloer, dit het begin lastig raak, en dit is hoe die Saterdagaande begin het." (Mellow, 1974, p. 84)