Piet my Niggie is 'n Afrikaanse rolprent wat in 1964 vrygestel is en in swart en wit geskiet is. Frederik Burgers was in die hoofrol. Die regisseur was Jan Perold.
Genre Die rolprent is 'n komedie.
Spelers Frederik Burgers Susan Cloete Dawid van der Walt en andere.
Storielyn Dit is die verhaal van 'n skooljuffrou by die Tallermantrust Volkskool. Die trustee van die skool sien dat sy seun besig is om ballet te leer. Hy eis die aanstelling van 'n mans onderwyser wat die seuns kan leer rugby speel. So 'n onderwyser is egter skaars en die ander personeel oorreed juf. Salome van der Merwe, die ballet onderwyseres, om die onderwyser mnr. Piet van der Merwe te word. Die voortreflike spel van Frederik Burgers, wat albei rolle uitmuntende vertolk, sorg vir menige lagwekkende insidente.
Sien ook Lys van Afrikaanse rolprente
Kategorie:Afrikaanse rolprente Kategorie:Komedierolprente Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprente