26 Maart is die 85ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (86ste in 'n skrikkeljaar). Daar volg nog 280 dae.

Gebeure

655 – Pous Martinus I kom as banneling aan in Cherson, Krim. 668 – Pous Vitalianus wy Theodorus van Tarsus tot aartsbiskop van Kantelberg. 752 – Pous Stefanus II volg Pous Sagarias (of Pous Stefanus (II)) op. 1027 – Pous Johannes XIX kroon Koenraad II van Duitsland en sy vrou Gisela tot keiser en keiserin van die Heilige Romeinse Ryk. 1268 – Pous Clemens IV verklaar hertogin St. Hedwig van Silesië heilig. 1547 – Giovanni Maria Ciocchi del Monte (later Pous Julius III) verplaas die konsilie van Trente na Bologna. 1618 – Pous Paulus V stel Henri de Gondi, biskop van Parys en Francisco Gómez Rojas de Sandoval, hertog van Lerma aan as kardinale. 1804 – Pous Pius VII stel Carlo Oppizzoni, aartsbiskop van Bologna aan as kardinaal. 1812 – ’n Aardbewing verwoes Caracas, Venezuela. 1898 – Die regering van die Zuid-Afrikaansche Republiek proklameer die Sabi-wildreservaat in die Laeveld. 1953 – Jonas Salk, kondig sy ontdekking van die polio-entstof aan. 1993 – Die bekende 32 Bataljon van die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) word formeel ontbind as deel van die onderhandelinge met die ANC. 1999 – Die Melissa rekenaarwurm affekteer e-posstelsels dwarsoor die wêreld.

Geboortes

1867 – Sir Arnold Theiler, Suid-Afrikaanse bakterioloog († 1936). 1874 – Robert Frost, Amerikaanse digter († 1963). 1884 – Wilhelm Backhaus, Duitse pianis en pedagoog († 1969). 1898 – Anders Birger Bohlin, Sweedse paleontoloog († 1990). 1911 – Tennessee Williams, Amerikaanse dramaturg († 1983). 1922 – Hennie Muller, Suid-Afrika se twee-en-twintigste Springbokkaptein († 1977). 1931 – Leonard Nimoy, Amerikaanse akteur, regisseur, digter, musikant en fotograaf († 2015). 1940 – James Caan, Amerikaanse akteur († 2022). 1940 – Nancy Pelosi, Amerikaanse politikus. 1944 – Diana Ross, Amerikaanse sangeres. 1947 – Subhash Kak, Indies-Amerikaanse rekenaarwetenskaplike en digter. 1947 – John van Reenen, voormalige Suid-Afrikaanse wêreldrekordhouer in skyfwerp († 2018). 1948 – Steven Tyler, Amerikaanse sanger en akteur. 1952 – Gary Ruvkun, Amerikaanse molekulêre bioloog en Nobelpryswenner.

Sterftes 1827 – Ludwig van Beethoven, Duitse komponis (* 1770). 1861 – Hans Dons de Lange, 'n Voortrekkerverkenner (* 1799). 1898 – William Atherstone, Suid-Afrikaanse geneesheer en geoloog (* 1814). 1902 – Cecil John Rhodes, Britse staatsman en stigter van die kolonie Rhodesië (* 1853). 1923 – Sarah Bernhardt, Franse toneelspeelster en rolprentaktrise (* 1844). 1957 – Édouard Herriot, Franse politikus (* 1872). 1973 – Noël Coward, Britse akteur, sanger en skrywer (* 1899). 1977 – Dirk Ziervogel, Suid-Afrikaanse kenner van Bantoetale (* 1917). 1987 – Eugen Jochum, Duitse dirigent (* 1902). 1994 – Whina Cooper, Māori-leier (* 1895). 2005 – James Callaghan, Eerste Minister van die Verenigde Koninkryk (* 1912). 2013 – Morkel van Tonder, Afrikaanse radio-omroeper (* 1923). 2015 – Tomas Tranströmer, Sweedse skrywer en wenner van die Nobelprys vir Letterkunde (* 1931).

Kategorie:Maart