29 Maart is die 88ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (89ste in skrikkeljare). Daar volg nog 277 dae.
Gebeure duimnael|400px|2004 – Bulgarye, Estland, Letland, Litaue, Roemenië, Slowakye en Slowenië sluit by die NAVO aan 537 – Pous Vigilius volg Pous Silverius op. 1139 – Pous Innocentius II publiseer die bul Omne datum optimum waarin die Orde van die Tempeliers gestig word. 1461 – In die Koninkryk van Engeland behaal troepe van die Huis van York 'n oorwinning oor die Huis van Lancaster in die Slag van Towton, die grootste veldslag in die Rose-oorlog tot in daardie stadium. 1567 – Pous Pius V publiseer die bul Admonet Nos waarin die herinvestuur van gebiede wat tot die pouslike staat behoort, verbied word. 1638 – Sweedse setlaars stig Nieu-Swede naby Delawarebaai, die eerste Sweedse kolonie in die Amerikas. 1762 – Lorenzo Ganganelli (later Pous Clemens XIV) word kardinaal-priester van Ss. XII Apostoli. 1807 – Heinrich Wilhelm Olbers ontdek die asteroïde 4 Vesta naby Jupiter se wentelbaan. 1849 – Die Verenigde Koninkryk annekseer Punjab. 1973 – Viëtnamoorlog: Die laaste soldate van die Verenigde State verlaat Suid-Viëtnam. 2004 – Bulgarye, Estland, Letland, Litaue, Roemenië, Slowakye en Slowenië sluit by die NAVO aan. 2015 – Die Australiese nasionale krieketspan wen hul vyfde Krieketwêreldbeker.
Geboortes 1790 – John Tyler, tiende President van die Verenigde State (1841–1845) († 1862). 1815 – Sir Henry Bartle Frere, 'n Britse goewerneur aan die Kaapkolonie († 1884). 1902 – Sir William Walton, Engelse komponis († 1983). 1918 – Pearl Bailey, Amerikaanse aktrise en sangeres († 1990). 1919 – Eileen Heckart, Amerikaanse aktrise († 2001). 1937 – Marike de Klerk, eerste vrou van die destydse Staatspresident van Suid-Afrika, FW de Klerk († 2001). 1939 – Terence Hill, Italiaans-Amerikaanse akteur. 1940 – Astrud Gilberto, Brasiliaans-Amerikaanse sangeres († 2023). 1943 – Eric Idle, Britse akteur. 1943 – John Major, Britse premier. 1943 – Vangelis, Griekse komponis († 2022). 1952 – Bola Tinubu, Nigeriese president. 1955 – Marina Sirtis, Brits-Amerikaanse aktrise. 1957 – Christopher Lambert, Amerikaanse akteur 1960 – Jo Nesbø, Noorse skrywer en musikus. 1960 – Annabella Sciorra, Amerikaanse aktrise. 1961 – Amy Sedaris, Amerikaanse aktrise. 1964 – Elle Macpherson, Australiese fotomodel en aktrise. 1965 – Lara Wendel, Duitse aktrise. 1967 – Michel Hazanavicius, Franse regisseur en filmvervaardiger. 1981 – Jasmine Crockett, Amerikaanse politikus en prokureur. 1991 – Hayley McFarland, Amerikaanse aktrise. 1998 – Alex Neustaedter, Amerikaanse akteur.
Sterftes 1058 – Pous Stefanus IX, (X) die 154ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* ±1020). 1772 – Emanuel Swedenborg, Sweedse Lutherse teoloog, wetenskaplike, filosoof en mistici (* 1688). 1884 – Dr. Adrian Roux, tweede leraar van die NG Kerk wat in Suid-Afrika georden is (* 1812). 1893 – Klaas Waarzegger, skrywersnaam van Louis Henri Meurant (* 1811). 1905 – Sir David Tennant, Kaapse politikus, staatsman en die tweede Speaker van die Kaapkolonie (* 1829). 1929 – Elena Caragiani-Stoenescu, eerste vroulike vlieënier in Roemenië (* 1887). 1936 – Eugene Marais, Afrikaanse skrywer en digter (* 1871). 1944 – Roger Bushell, meesterbrein agter die ontsnapping uit Stalag Luft III (* 1910). 1958 – Gerard Moerdijk, Suid-Afrikaanse argitek (* 1890). 1991 – Barrie Biermann, Suid-Afrikaanse argitek (* 1924). 1992 – Graaf John Spencer, vader van Prinses Diana (* 1924). 1996 – Siegfried Mynhardt, bekroonde Suid-Afrikaanse toneelakteur (* 1909). 2004 – Peter Ustinov, Britse skrywer, akteur en filmregisseur (* 1921). 2009 – Gerrit Viljoen, Suid-Afrikaanse kabinetsminister (* 1926). 2020 – Louis Wilsenach, Suid-Afrikaanse skilder, digter, sendeling en baanbreker in die advertensiewese (* 1940). 2020 – Krzysztof Penderecki, Poolse komponis (* 1933). 2025 – Richard Chamberlain, Amerikaanse akteur (* 1934).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae Feesdag van Pous Avilius van Alexandrië derde patriarg van die Kerk in Alexandrië volgens die Rooms-Katolieke Kerk.
Kategorie:Maart