30 Maart is die 89ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (90ste in skrikkeljare). Daar volg nog 276 dae in die jaar.
Gebeure 1191 – Pous Celestinus III volg Pous Clemens III op. 1553 – Giambattista Catagna (later Pous Urbanus VII) word tot priester gewy. 1700 – Gianfrancesco Albani (later Pous Clemens XI) word kardinaal-priester van S. Silvestro in Capite. 1789 – Pous Pius VI stel nege nuwe kardinale aan waaronder Joseph Franz Anton von Auersperg, prins-biskop van Passau. 1842 – Narkose word die eerste keer gebruik in 'n operasie. 1856 – Die Krim-oorlog word met die 1856 verdrag van Parys beëindig. 1867 – Alaska word gekoop vir $7.2 miljoen (ongeveer twee sent per akker) deur die Verenigde State van Amerika se Staatsekretaris William H. Seward. Die media noem dit Seward's Folly. 1870 – Die Grondwet van die VSA word vir die vyftiende keer verander, om stemreg te gee aan alle mans ongeag hul ras, kleur, of vorige slaafstatus. 1945 – Tweede Wêreldoorlog: magte van die Sowjet-Unie val Oostenryk binne en neem beheer oor Wene. 1951 – Remington Rand besorg die eerste UNIVAC I-rekenaar aan die VSA-sensusburo. 1981 – President Ronald Reagan word deur John Hinckley, Jr, in die bors geskiet buite 'n hotel in Washington, D.C.. 1987 – Vincent van Gogh se skildery "Sonneblomme" is gekoop vir $39.85 miljoen.
Geboortes 1222 – Nichiren, Japannese Boeddhistiese hervormer, stigter van die Nichiren-Boeddhisme († 1282). 1746 – Francisco Goya, 'n Spaanse skilder († 1828). 1754 – Jean-François Pilâtre de Rozier, Franse chemie en fisika onderwyser en een van die eerste lugvaartpioniers († 1785). 1853 – Vincent van Gogh, Nederlandse skilder († 1890). 1857 – Roeland Anthonie Kollewijn, Nederlandse taalkundige, († 1942). 1859 – Sir David Pieter de Villiers Graaff, 'n Suid-Afrikaanse nyweraar en kabinetsminister († 1931). 1891 – Lionel Royce, Oostenrykse - Amerikaanse akteur († 1946). 1894 – Sergey Ilyushin, Russiese lugvaartingenieur († 1977) 1926 – Ingvar Kamprad, Sweedse sakemagnaat en stigter van Ikea († 2018). 1937 – Warren Beatty, Amerikaanse akteur en regisseur. 1945 – Eric Clapton, Britse kitaarspeler. 1950 – Robbie Coltrane, Skotse akteur, komediant en skrywer († 2022). 1957 – Paul Reiser, Amerikaanse akteur. 1959 – Maggie Baird, Amerikaanse aktrise. 1964 – Tracy Chapman, Amerikaanse sangeres. 1965 – Piers Morgan, Engelse omroeper, joernalis, skrywer en televisiepersoonlikheid. 1968 – Céline Dion, Kanadese sangeres. 1970 – Leleti Khumalo, Suid-Afrikaanse aktrise. 1975 – Sebastian Bieniek, Pools-Duitse filmdirekteur, kunsskilder en fotograaf († 2022).
Sterftes 1912 – Karl May, Duitse outeur (* 1842). 1986 – James Cagney, Amerikaanse akteur (* 1899). 1941 – Laurens Meintjes, Suid-Afrika, se eerste wêreldkampioen in fietsry (* 1868). 1955 – Lydia Knott, Amerikaanse aktrise (* 1866). 1969 – Terence Macleane Salter, Brits-Suid-Afrikaanse plantversamelaar en plantkundige (* 1883). 1974 – Willem Hendrik van den Bos, Suid-Afrikaanse sterrekundige (* 1896). 1986 – John Ciardi, Amerikaanse digter, vertaler en etimoloog (* 1916). 2002 – Elizabeth Bowes-Lyon, Koninginmoeder van die Verenigde Koninkryk (* 1900). 2012 – Zak van Niekerk, Suid-Afrikaanse sanger (* 1978). 2024 – Bart de Graaff, Nederlandse skrywer (* 1959).
Vakansiedae
Roomse Ryk - Fees vir Salus
Kategorie:Maart