Anchorage 280px Kaart Wapen 180px|senter 75px|senter Vlag 90px|senter Land Deelstaat 20px Alaska Koördinate Stigting 1914/1915 Geïnkorporeer op 23 November 1920 Oppervlakte: - Totaal 5 041,89 vk km Hoogte bo seevlak 31 m Bevolking: - Totaal (2024) 289 600 - Bevolkingsdigtheid 65,88/vk km - Metropolitaanse gebied 398 807 Tydsone AKST (UTC -9) Somertyd AKDT (UTC -8) Burgemeester Suzanne LaFrance Amptelike webwerf muni.org
Anchorage (letterlik: "ankerplek") is met 'n bevolking van 289 600 (volgens die 2024-skatting) die grootste stad en ekonomiese sentrum van die Amerikaanse deelstaat Alaska. 'n Bietjie minder as die helfte van die deelstaat se bevolking woon hier.
Anchorage lê in Suid-Sentraal-Alaska, 61 grade noord (omtrent dieselfde as Stockholm en Sint Petersburg). Dit was aanvanklik 'n konstruksiekamp vir die bou van die Alaska Spoorweg. Teen 1920 het dit só gegroei dat dit amptelik as 'n stad geproklameer is. Vandag is die hawestad die middelpunt van die streek se ruolie- en aardgasbedryf.
Op 27 Maart 1964 skud 'n hewige aardbewing, wat 9,2 op die Richterskaal gemeet het, die stad. Grootskaalse grondverskuiwings en 'n tsoenami berokken groot skade, en 125 mense verloor hulle lewens in die natuurramp. Die maksimum aantal verdiepings vir nuwe geboue is na die aardbewing op 21 beperk.
Klimaat Die gemiddelde daaglikse temperatuur in die somer is 13° tot 23 °C, terwyl die gemiddelde temperature tydens die winter tot -15 °C kan daal. Desondanks geniet die stad 'n milder klimaat as baie gebiede van die vastelandse Verenigde State. 'n Tipiese kenmerk van Anchorage se weer is die onvoorspelbaarheid daarvan.
Eksterne skakels
Amptelike webwerf
Kategorie:Kusstede Kategorie:Nedersettings in Alaska