28 Maart is die 87ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (88ste in 'n skrikkeljaar). Daar is nog 278 dae in hierdie jaar.
Gebeure 845 – Parys word beleer deur Viking stropers, waarskynlik onder die leiding van Ragnar Lodbrok, wat 'n groot klomp geld verlang voor hulle bereid is om die stad te verlaat. 1509 – Alessandro Farnese (later Pous Paulus III) word biskop van Parma. 1676 – Pous Clemens X verklaar Johannes van Kanti salig. 1776 – Juan Bautista de Anza vind die aangewese plek vir die Presidio of San Francisco. 1804 – Die Bocken-oorlog naby Zürich begin toe die boere om Zürich in opstand kom teen verhoogte belastings deur die Stad Zürich. 1854 – Krimoorlog: Die Verenigde Koninkryk en Frankryk verklaar oorlog teen Rusland. 1910 – Henri Fabre word die eerste persoon wat 'n seevliegtuig loods nadat hy opgestyg het vanaf water naby Martigues, Frankryk. 1930 – Konstantinopel en Angora verander hulle name na Istanbul en Ankara. 1939 – Spaanse Burgeroorlog: Generalissimo Francisco Franco verower Madrid, en beëindig die oorlog. 1942 – Tweede Wêreldoorlog: Britse Kommando's val Saint-Nazaire aan. 1964 – Die eerste roofradio-stasie, Radio Caroline, word gevestig. 1979 – In Pennsilvanië faal 'n pomp in die verkoelingstelsel van die kernreaktor by Three Mile Island, wat daartoe lei dat radio-aktiewe water ontsnap en lei tot 'n kernsmelting (Engels: nuclear meltdown). 1994 – In Suid-Afrika baklei Inhatha en ANC-ondersteuners in sentraal-Johannesburg wat lei tot 18 sterftes. 2002 – Die uitstalling "The Italians: Three Centuries of Italian Art" open in die Nasionale galery van Australië. 2016 – Die Oculus Rift 'n kommersiële produk waarmee 'n skynwerklikheid beleef kan word, word vir die publiek vrygestel.
Geboortes 1609 – Koning Frederick III van Denemarke, († 1670). 1605 – Johann Amos Comenius, bekend as die vader van moderne onderwys († 1670). 1871 – Willem Mengelberg, Nederlandse konsertdirigent († 1951). 1887 – Helena Barry-Hofmeyr, Vrystaatse Nasionale L.P.R., († 1954). 1902 – Dame Flora Robson, Engelse aktrise († 1984). 1906 – Robert Allen, Amerikaanse akteur († 1998). 1909 – Nelson Algren, Amerikaanse skrywer († 1981). 1913 – Fred le Roux, Afrikaanse joernalis, lektor en redakteur († 1984). 1921 – Dirk Bogarde, Britse akteur, († 1999). 1923 – Monica Breed, Afrikaanse omroeper, aktrise en skrywer van kleuterprogramme en hoorbeelde († 2021). 1924 – Freddie Bartholomew, Amerikaanse akteur († 1992). 1928 – Zbigniew Brzeziński, Sekuriteitadviseur van die VSA († 2017). 1933 – Cobus Rossouw, Suid-Afrikaanse akteur. 1942 – Daniel Dennett, Amerikaanse filosoof. 1943 – Conchata Ferrell, Amerikaanse aktrise († 2020). 1948 – Dianne Wiest, Amerikaanse aktrise. 1949 – Paul Bayvel, Springbokrugby speler († 2020). 1955 – Reba McEntire, Amerikaanse sanger en aktrise. 1970 – Vince Vaughn, Amerikaanse akteur. 1975 – Shanna Moakler, Amerikaanse aktrise. 1978 – Eusebius McKaiser, Suid-Afrikaanse politieke ontleder, joernalis en uitsaaier († 2023). 1981 – Julia Stiles, Amerikaanse aktrise.
Sterftes 1285 – Pous Martinus IV, die 189ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* ±1210). 1687 – Constantijn Huygens, digter, komponis, argitek, diplomaat en geleerde van die Nederlandse Goue Eeu (* 1596). 1884 – Prins Leopold, Hertog van Albany, seun van koningin Victoria van die Verenigde Koninkryk (* 1853). 1905 – Sir Charles Adderley, Britse staatsman na wie Adderleystraat in Kaapstad vernoem is (* 1814). 1935 – Tielman Roos, advokaat, regter, politikus en Suid-Afrikaanse minister van justisie (* 1879). 1941 – Virginia Woolf, Britse skrywer († 1882). 1943 – Sergei Rachmaninoff, Russiese komponis (* 1873). 1953 – Jim Thorpe, Amerikaanse atleet (* 1887). 1969 – Dwight D. Eisenhower, Generaal in die Amerikaanse Weermag en 34ste President van die Verenigde State (* 1890). 1996 – Dick Findlay, Suid-Afrikaanse kunstenaar en dramaturg (* 1928). 2004 – Hans Strydom, Suid-Afrikaanse joernalis, skrywer en kunstenaar (* 1936). 2016 – Jo Onderstall, Suid-Afrikaanse amateur-plantkundige (* 1929). 2017 – Ahmed Kathrada, ANC-lid en anti-apartheidsaktivis (* 1929).
Kategorie:Maart