Die Vrouesendingbond was 'n Afrikaanse vrouevereniging wat amptelik van 21 Maart 1890Wallis, F. 2000. Nuusdagboek: feite en fratse oor 1000 jaar. Kaapstad: Human & Rousseau. af in Kaapland, mettertyd in al vier die destydse provinsies van Suid-Afrika asook uiteindelik in Suidwes-Afrika (1970) en Rhodesië (1957, as die Midde-Afrikaanse Sendingvereniging) takke gestig het wat vrouelidmate van die Nederduitse Gereformeerde Kerk die geleentheid gebied het om by die sending betrokke te raak, nie alleen op die Afrika-vasteland nie, maar ook wêreldwyd. Ná byna 'n eeu van prysenswaardige diens is die vereniging in 1983 ontbind en het lede deel geword van die NG Kerk se Vroueaksie, later genoem Vrouediens. 'n Mannesendingbond is in 1908 gestig, terwyl daar uit die Vrouesendingbond 'n Medesendingarbeidsters vir jonger vroue ontstaan het en 'n Kinderkrans vir die jeug.
Agtergrond duimnael|170px|Eerw. Georg Schmidt van die Morawiese Sendinggenootskap se koms na Suid-Afrika in 1737 en die seën op sy werk onder die inboorlinge, het deels daartoe bygedra dat NG lidmate in die sending begin belangstel het. duimnael|170px|Ds. M.C. Vos van Tulbagh was een van die vroeë predikante in die NG Kerk by lidmate 'n sendingywer aangewakker het.
Die sendingwerk van die NG Kerk in Suid-Afrika is so oud soos die sogenaamde volksplanting. In sy bekende gebed het Jan van Riebeeck die begeerte uitgespreek dat die Europese volksplanting die middel in die hand van God sal wees om die evangelie aan die "heidense" inboorlinge van die land te bring. Spoedig het Willem Wijlant, die sieketrooster, pogings aangewend om die slawe en ook die Khoi onder die invloed van die evangelie te bring. Volgens sy verslae was daar weinig sukses en dit was ook die klag van sy opvolgers gedurende die tweede helfte van die 17de eeu.
Terwyl ds. Petrus Kalden in 1703 skryf dat daar tog bekeringe was en dat meer as honderd hulle laat doop het, stuur ds. A. Beck die wanhoopsklag na Holland dat, veral wat die Khoi betref, "alle menslike pogings blyk te faal". Onder die nageslag van die Geuse en Hugenote was daar baie wat hulle die lot van die ongelukkiges aangetrek het en dit hulle plig geag het om hulle in die Woord van God te onderrig. Dikwels het slawe en inboorlinge die huisgodsdiens saans gereeld bygewoon en Sondae 'n godsdiensoefening wat spesiaal vir hulle gereël is.
Gevolglik is daar teen die einde van die 18de eeu byvoorbeeld in die gemeente Tulbagh, toe nog Roodezand genoem, sowat duisend heidene in die Christelike godsdiens onderrig, in die Bokkeveld 317, en dat wyd versprei op plekke soos die Roggeveld, Vier en twintig Riviere, Olifantsrivier, die Sederberge en elders boerehuisgesinne getrou sendingwerk gedoen het. Die koms na Suid-Afrika van eerw. Georg Schmidt, die Morawiese sendeling, in 1737 en die seën wat daar op sy werk en dié van sy opvolgers gerus het, asook die besielende voorbeeld en prediking van sendingyweraars soos ds. Helperus Ritzema van Lier van Kaapstad en ds. M.C. Vos van Tulbagh teen die einde van die 18de eeu het baie daartoe bygedra dat soveel sendingywer indertyd onder die lidmate van die NG Kerk geopenbaar is.
links|duimnael|170px|Die groot Kaapse kerkman dr. Abraham Faure het in 1823 gekla oor die gebrek aan middele wat daartoe gelei het dat die NG Kerk sy sendingtaak versuim het. duimnael|170px|links|Eerw. Jean Pierre Pellissier van die Paryse Evangeliese Sending het van 1831 op Bethulie sendingwerk gedoen, een van talle sendelinge uit Europa wat op 'n akker kom arbei het waarop die NG Kerk eers later sou begin werk.
Dr. Abraham Faure, 'n bekende kerkleier, het in 1823 geskryf: "Dat meer nie gedoen is nie, is alleen aan die gebrek aan middele en nie aan die gebrek aan goeie wil te wyte nie." Dit kon tereg gesê word van 'n kerk wat 150 jaar ná die begin van die volksplanting slegs uit sewe gemeentes bestaan het en by die herdenking van die 200-jarige bestaan uit 50 gemeentes wat in sewe ringe verdeel was. "Hoeveel groter," kla dr. Faure, "sou hierdie getal nie gewees het nie as daar altyd leraars vir die aangroeiende gemeentes verkrygbaar was, en as daar genoeg geld te vind was om vir hulle opleiding behoorlik te kon sorg."
Daarom is dit geen wonder nie dat die sendelinge van genootskappe soos die Londense Sendinggenootskap, die Rynse, Morawiese en andere in daardie tyd met oop arms ontvang is en aan hulle baie hulp verleen is. Sommige van die bloeiende sendingwerkkringe, soos dié op Stellenbosch en Worcester, is aan die Rynse Genootskap oorhandig omdat die NG Kerk nie die nodige geestelike werkkragte gehad het nie. Sommige van die sendelinge van die oorsese genootskappe het sendelinge van die NG Kerk en in etlike gevalle leraars van die Moederkerk geword.
Ander genootskappe het gevolg, byvoorbeeld die Wesleyaanse in 1811 waarvan eerw. Barnabas Shaw die baanbreker was; die Glasgow-sendinggenootskap wat dr. John Ross en mnr. John Benning uitgestuur het en wat in 1824 die Oos-Kaapse sendingstasie Lovedale gestig het; die Evangeliese Sendinggenootskap van Parys volg met die sendelinge Isaac Tisseux en Jean Pierre Pellissier. In 1829 stuur die Rynse Genootskap vier geordendes en vier jaar later maak die Berlynse Genootskap ook sy verskyning. Hierdie genootskappe is byna almal gebore uit geestelike herlewings in Europa.
Toe inwoners van die Kaapkolonie hoor van die ontwaking op sendinggebied in Holland en Engeland, het die begeerte ontstaan om hier ook 'n sendinggenootskap in die lewe te roep. So het die Zuid-Afrikaansche Zending Genootschap in 1799 in Kaapstad ontstaan. Die sendinggeesdrif was so aansteeklik dat vertakkinge elders gestig is. Hierdie "Genootskappe" of "Gestigte" was 'n groot stap voorwaarts op sendinggebied. Ook die sinode van 1857 was vir die sending van die allergrootste belang. 'n Klein kommissie, deur 'n vorige sinode aangestel, moes 'n sendingverslag uitbring.
Dit was 'n mistroostige rapport wat getuig het van "gebrek aan mag, middele en geleenthede. 'n Gees van mismoedigheid wou op die vergadering toesak, maar vier jong leraars het na vore getree en die sinode tot nuwe ywer aangespoor. Hulle was ds. P.K. Albertyn van Caledon, ds. N.J. Hofmeyr van Calvinia, ds. J.H. Neethling van Prins Albert en dr. Andrew Murray van Bloemfontein, manne van visie en besliste oortuigings. Hulle het aanbeveel dat sendingwerk in die binneland sowel as in die buiteland onderneem moes word.
Wat die binneland betref, word aan al die gemeentes opgedra om na vermoë te sorg vir die behoeftes van die heidene in hulle midde; en met betrekking tot die buiteland is die gevoele „dat werk met krag aangepak moet word onder een of meer van die volkstamme wat rondom ons woon, liefs waar die evangelie nog nooit gepreek is nie en as dit kan wees op die grens van die gemeente Lydenburg". Twee sinodale kollektes vir die binneland en buiteland is verder aanbeveel. Die verslag het geesdrif opgewek en die aanbevelings is goedgekeur.
Toe die sinode verder besluit dat al die besluite onder leiding van hierdie selfde manne uitgevoer sou word, het 'n nuwe geseënde tydperk vir die sending aangebreek. Twee jaar later is die Kweekskool op Stellenbosch geopen. By daardie geleentheid is aan die twee hoogleraars, N.J. Hofmeyr en John Murray, opgedra om 'n konferensie te reël vir Christene van die hele Suid-Afrika om sake van algemene belang te bespreek, onder meer „die bevordering en algemene belangstelling in die evangelieverkondiging onder die heidene".
Dié konferensie het in April 1860 op Worcester plaasgevind. Byna 400 afgevaardigdes van Presbiteriane, Lutherane, Morawiërs, Independente, Episkopale en Gereformeerdes het saamgekom. Een van die vrugte was die geseënde geestelike herlewing in baie dele van die land. 'n Ander was die besluit om dr. William Robertson na Europa te stuur om evangeliedienaars te soek en dan is £1 000 beloof vir die koste van die sending. Onder diegene wat so verkry is, was die sendelinge Alexander MacKidd, 'n Skot, en Henri Gonin, 'n Switser, wat in 1861 na die Soutpansberg en Saulspoort onderskeidelik gegaan het.
Dit is nie aan Alexander MacKidd vergun om lank onder die Buys-stam van die Soutpansberge te arbei nie. 'n Paar jaar ná sy aankoms is hy oorlede en het Stephanus Hofmeyr sy plek ingeneem om sodoende die eerste buitelandse sendeling van die NG Kerk te word.
Die sendingbelangstelling het toegeneem, die doeke van die tentwonings is oopgespan en die Kerk se baanbrekers het uitgetrek: A.C. Murray na Njassaland en A.A. Louw na Masjonaland. Intussen is berigte ook ontvang van die wonderwerke van Robert Moffat op Kuruman en in die Kalahari-woestyn, van die werk en beproewings van Francois Coilliard in Barotseland, van die taaie geduld waarmee die Wesleyane aangehou het met hul werk onder die Namakwas, van die geseënde arbeid van die Rynse sendelinge op Stellenbosch en elders. Geen wonder dat 'n groepie vroue op Wellington juis in hierdie tyd daartoe oorgegaan het om 'n vrouevereniging te stig, die geseënde Vrouesendingbond, wat sy 75-jarige bestaan in 1964 feestelik kon gedenk, maar ses jaar voor sy honderdjarige bestaan ontbind is.
Stigting van die VSB duimnael|regs|180px|Mej. Abbie Park Ferguson was die VSB se eerste sekretaresse, van 1889 tot 1914. duimnael|links|300px|Die Hugenote-kollege is die opvolger van drie opvoedkundige instellings op Wellington, waarvan die Hugenote-seminarie, opgerig in 1874 en 'n regstreekse aanleidende oorsaak van die stigting van die VSB, een was. duimnael|regs|180px|Mej. A.H. Spyker (1840–1914) was 'n stigter en die eerste tesouriere (penningmeesteres) van die VSB, van 1889 tot 1906. Sy was ook die skrywer van Geschiedenis van den Vrouwen Zending Bond, 1889–1906.Vroue in die teologiese antropologie van die Nederduitse Gereformeerde Kerk. regs|duimnael|180px|Mev. dr. Andrew Murray (gebore Emma Rutherfoord), 'n dogter van die Kaapse sakeman en vriend van die sending Howson Edward Rutherfoord, was van uit huis Anglikaans, maar werp haar ten volle by die NG Kerk in ná haar huwelik met 'n NG predikant en latere kerkleier, ds. Andrew Murray. Sy het van 1889 tot en met haar dood op 2 Januarie 1905 as eerste presidente van die VSB gedien en was ook 'n stigter van dié liggaam.
In 1874 is die Hugenote-seminarie, voorloper van die Hugenote-kollege, die Wellingtonse Onderwyskollege en die Hugenote Hoërskool, op Wellington geopen. Ds. Andrew Murray het hom baie beywer vir die oprigting daarvan en deur sy bemiddeling is die diens van twee dames uit Amerika as onderwyseresse verkry. Mes. A.P. Ferguson en A.E. Bliss het hulle met groot toewyding en bekwaamheid aan die onderrig en vorming van die jong dogters gewy. Maar opvoeding het vir hulle meer as net geleerdheid en verstandelike ontwikkeling beteken en omdat hulle self 'n warme belangstelling in die sending gehad het, het hulle van meet af aan die dogters ook tot sendingywer opgewek.
Onmiddellik na die opening van die Seminarie is daar 'n begin gemaak met die verspreiding van sendingnuus. Elke Maandagoggend is daaraan gewy en die belangstelling het merkbaar toegeneem. Die klein bydraes wat die dogters elke week gebring het, het hulle laat voel dat hulle wesenlik ingeskakel is in die bevordering van die Koninkryk van Christus. Aan die einde van die eerste jaar het 'n groot gebeurtenis plaasgevind toe Johanna Meeuwsen, een uit hul geledere, as sendingonderwyseres na Saulspoort gegaan het. Dié direkte verteenwoordiging in die sendingveld was 'n inspirasie en spoorslag vir die groepie sendinggeesdriftiges op Wellington.