Nico van Rensburg was 'n Suid-Afrikaanse musikant wat die konsertina bespeel het. Van Rensburg het bekendheid verwerf nadat hy in 1984 en 1990 die SAUK se boeremusiekorkeskompetisie gewen het. Hy was ook op Maak 'n las op SABC2 te sien. Hy het baie van sy eie musiek gekomponeer en het verskeie pryse daarvoor ontvang, waaronder 'n Sama-toekenning vir die beste boeremusiekalbum.

Van Rensburg was die beskermheer van die Boeremusiekgilde en was veral bekend om sy konsertinatalent. Sy vrou het ten tyde van sy dood gesê: "Hy het geleef vir boeremusiek, vir Afrikaans en die Afrikaanse kultuur."

Van Rensburg is op 12 Mei 2013 op 76-jarige ouderdom in die 1 Militêre Hospitaal in Pretoria aan 'n hartaanval oorlede.Boeremusiek-legende oorlede, Praag, 13 Mei 2013 Dit was nadat hy in die jare voor sy dood met sy gesondheid gesukkel het en ook hartprobleme gehad het.

Sy begrafnis was op 16 Mei 2013 vanuit die Nederduitsch Hervormde gemeente Swartkop in Eldoraigne. Hy is deur sy twee kinders, vier kleinkinders en een agterkleinkind oorleef.

Diskografie Van Rensburg se albums en plate: Wenners: TV Boereorkes Kompetisie - Volume 4, 2006 SONY MUSIC/BMG So Speel Ons - Volume 3, 2006 SONY MUSIC/BMG Speel Sy Gunstelinge, SONY MUSIC/BMG/ALFA ATELJEE Speel Tradisionele Boeremusiek - Volume 1, 2006 SONY MUSIC/BMG Speel Tradisionele Boeremusiek Die Van Rensburg Legende, 1999 DAWN MUSIC/BOEREMUSIEKSA 50 Goue Jare, 1996 DAWN MUSIC Biltong & Braaivleis, 1994 DAWN MUSIC Egte Outydse Klanke, TRIO RECORDS Lekker Tradisionele Treffers, SELECT Biltong & Braaivleis LP, 1986 REAMUSIC So Speel Ons LP, 1979 MUSIC FOR PLEASURE Wagstaan LP, 1975 MUSIC FOR PLEASURE Op sy Beste, BOEREMUSIEKSA So speel Nico van Rensburg sy Gunstelinge, BOEREMUSIEKSA Speel Lekker Tradisionele Boeremusiek, BOEREMUSIEKSA Huldeblyk aan Willie Fourie (14/5/1929 - 19/4/2006), BOEREMUSIEKSA Huldeblyk aan Thys Langeveldt (11/9/1935 - 21/2/2006), BOEREMUSIEKSA Huldeblyk aan Nic Potgieter (29/04/1928 - 10/11/2002), BOEREMUSIEKSA Huldeblyk aan Hansie Roodt (28/08/1938 - 16/09/2005), BOEREMUSIEKSA Nico van Rensburg en sy Vader - Die Oue En Die Nuwe LP, MUSIC FOR PLEASURE Nico van Rensburg se Boerejol LP, 1980 MUSIC FOR PLEASURE Speel Sy Eie Treffers LP, 1975 MUSIC FOR PLEASURE Speel Die Gunstelinge van... LP, 1972 MUSIC FOR PLEASURE Konsertinaslaai LP, PÊREL Boeresport! LP, PÊREL Splinternuut! LP, TROUBADOUR Op Toer LP, TROUBADOUR Konsertina Klub LP, MUSIC FOR PLEASURE Boereorkes Wenner LP

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Suid-Afrikaanse musici Kategorie:Sterftes in 2013