Cornell du Preez (*Port Elizabeth, 23 Maart 1991) is ’n Skotse rugbyspeler wat op agtsteman vir Edinburgh Rugby in verskeie Europese klubkampioenskappe speel.
Loopbaan Amateurloopbaan Du Preez is in Port Elizabeth gebore en het sy skoolopleiding aan Framesby Hoërskool voltooi waarna hy na die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom is waat hy vir die universiteit se Varsitybekerspan gespeel het. Hy het die Luiperds in die provinsiale o/19- en o/21-toernooie verteenwoordig en is in die Luipders se seniorspan vir 2011 benoem maar het nie speelkans gekry nie.
Toe hy nie vir Edinburgh gespeel het nie, is hy deur Edinburgh Academicals nader getrek. Hy was ook in 2015-’16 by Heriots Rugbyklub betrokke.
Professionele loopbaan Op 1 November 2011 het Du Preez hom by die Southern Kings aangesluit op ’n tweejaarkontrak. Hy het die Kings in die 2013 Superrugbyseisoen verteenwoordig.
Hy is egter gedurende die 2013 Curriebekerseisoen van sy kontrak vrygestel en het hom vir die 2013-’14 Pro12-seisoen by Edinburgh Rugby, onder afrigterskap van Alan Solomons, aangesluit.
Hy het ’n suksesvolle eerste seisoen in Skotland gehad met 23 wedstryde en die toekenning van ‘Nuweling van die Jaar’. In Die wedstryd teen Dragons in Oktober 2014 het hy egter ’n ernstige beenbesering opgedoen met die gevolg dat hy ’n noemenswaardige deel van die 2014-’15-seisoen misgeloop het.
Internasionale loopbaan Du Preez was deel van die Suid-Afrikaanse onder 20-span wat in 2011 aan die IRR Juniorwêreldkampioenskap deelgeneem het.
Hy is op 13 November 2016 by die Skotse span ingesluit vir die Internasionale Herfsreeks as plaasvervanger vir ’n beseerde losvoorspeler. Hy is weer vir die 2017 Sesnasieskampioenskap by die Skotse span ingesluit en hy het sy debuut op Twickenham teen Engeland gemaak, waarna hy ook in die volgende wedstryd teen Italië gespeel het. http://www.telegraph.co.uk/rugby-union/2017/03/15/cornell-du-preezscotland-thrashing-tough-take-sometimes-get/ http://www.scotsman.com/sport/rugby-union/six-nations/scotland-29-0-italy-player-ratings-1-4396683
Du Preez het in November 2017 vir die eerste keer in die beginspan uitgedraf as agtsteman in die nederlaag van 17-22 teen die All Blacks. http://www.bbc.co.uk/sport/rugby-union/42002120
Eksterne skakels Du Preez se profiel op www.itsrugby.co.uk SA Rugby-profiel
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse rugbyspelers Kategorie:Skotse rugbyspelers Kategorie:Kings rugbyspelers Kategorie:Geboortes in 1991 Kategorie:Lewende mense