Die kuifkoptarentaal (Guttera pucherani) is 'n algemene standvoël wat in die vallei van die middel Zambezirivier, suid en sentraal Mosambiek en die noordkus van KwaZulu-Natal voorkom. Die voël staan in Engels bekend as die crested guineafowl.

Voorkoms duimnael|links|G. p. edouardi in die Hluhluwe-iMfolozipark, Suid-Afrika duimnael|links|G. p. pucherani in gevangenskap

Die voël is 46 – 52 cm groot en weeg 800 – 1500 gram. Die voël lyk soos die gewone tarentaal maar het 'n klos krullerige swart vere bo-op die kop.

Leefwyse Die voël leef veral op die grond en het 'n gemengde dieet van saadjies, insekte en bessies.

Subspesies Daar is vyf erkende subspesies: G. p. barbata (Ghigi, 1905) – suidoostelike Tanzanië tot oostelike Mosambiek en Malawi G. p. edouardi (Hartlaub, 1867) – oostelike Zambië tot Mosambiek en noordoostelike Suid-Afrika G. p. pucherani (Hartlaub, 1861) – Somalië tot Tanzanië, Zanzibar, en Tumbatu-eiland G. p. sclateri (Reichenow, 1898) – noordwestelike Kameroen G. p. verreauxi (Elliot, 1870) – Guinee-Bissau tot westelike Kenia, Angola, en Zambië

Sien ook

Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Verwysings

Kategorie:Tarentale Kategorie:Voëls van die Krugerwildtuin