+Andorra duimnael|regs|300px|Kaart van Andorra Kontinent Europa Substreek Suidwes Europa Geografiese koördinate Oppervlakte  - Totale  - Water Rang 193ste468 km² 121,4 haGirard P & Gomez P (2009), Lacs des Pyrénées: Andorre. Kuslyn 0 km (Ingeslote) Landsgrense 120,3 km Lande begrens Spanje 63,7 km Frankryk 56,6 km Hoogste punt Coma Pedrosa, 2 942 m Laagste punt Riu Runer, 840 m Langste rivier Gran Valira Grootste binnelandse watermassa Juclar-meer (23 ha) Grondgebruik  - Bewerkbare grond - Permanente   gewasse - Ander 2,13 %0 %97,87 % (2005 raming) Besproeide grond Klimaat : gematig Terrein : ongelyke berge en nou valleie Natuurlike hulpbronne hidro-elektrisiteit, minerale water, hout, ystererts, lood Natuurlike gevare sneeustortings, grondverskuiwings Omgewingskwessies ontbossing, oorbeweiding van weivelde, lugbesoedeling, afvalverwydering

Andorra is 'n klein ingeslote land in suidwestelike Europa, geleë in die oostelike Pireneë-gebergte en begrens deur Spanje en Frankryk. Met 'n oppervlakte van 468 km² is dit die kleinste land in Europa maar ook die grootste van die Europese dwergstate.

Andorra is hoofsaaklik bergagtig, waarvan die hoogste die Coma Pedrosa is teen , en die gemiddelde hoogte van Andorra is .Atlas of Andorra (1991), Andorran Government. . Die land word deursny deur drie nou valleie in 'n Y-vorm wat ineen vloei by die hoofstroom, die Gran Valira-rivier en die land verlaat vir Spanje (by Andorra se laagste punt van ).

Andorra se klimaat is soortgelyk aan die van sy bure se gematigde klimate, maar die hoër ligging beteken daar is gemiddeld meer sneeu in die winter, laer humiditeit, en dit is effens koeler in die somer. Daar is gemiddeld 300 dae per jaar sonskyn.

Fitogeografies behoort Andorra tot die Atlanties-Europese provinsie van die Sirkum-boreale streek binne die Boreale koninkryk. Volgens die WWF behoort die streek aan die Pirenese gemengde en naaldwoude eko-streek.

Grondverskuiwings en sneeustortings is die mees prominente natuurlike gevare. Daar is gereelde aardskuddings van onder 2 op die Richterskaal. Daar is geen historiese aantekeninge van enige skadelike aardskuddings in Andorra nie, maar die Andorrese regering het die moontlikheid van een in die toekoms ondersoek.Conseqüències per a Andorra d'un possible terratrèmol, Programa dactivitats tardor 08, el Centre Andorra Sostenible , Govern d'Andorra, p.16.

Berge Die hele Andorra is bergland en daar is 65 bergspitse in totaal.Andorra – The Principality in Figures (2007), p.16, Andorra Turisme / Department of Studies and Statistics

Die hoogste berg is Coma Pedrosa wat tot strek, in die noordweste van Andorra naby die Franse en Spaanse grense.

Langs die grens met Frankryk, van wes na oos, is die hoogste berge Pic de Médécourbe (), wat die westelike drieledige internasionale grens is van Andorra, Spanje en Frankryk, Pic de Cataperdis () en Pic de Tristaina (), Pic de Font Blanca () in die noordweste; Pic de Siguer (), Pic de la Serrera () en Pic d'Anrodat () in die noorde; en Pic de Noé (), Pic de la Cabaneta () en Roc Mélé () in die ooste.

Langs die grens met Spanje, van wes na oos, is die hoogste berge Pic de Médécourbe (), Pic de Coma Pedrosa (), Port de Cabús () en Pic dels Llacs () in die weste; Pic Negre (), Torre dels Soldats (), en Pic de la Portelleta () in die suide.

In die ooste, naby aan waar die grense van die drie lande ontmoet, lê Pic d’Envalira () en Pic dels Pessons (). 'n Meer, Estany de l'Estanyó, en 'n berg, Pic de l’Estanyó () lê net oos van El Serrat en kan net bereik word met 'n staproete.

Mere en riviere Andorra word bykans algeheel gedreineer deur 'n enkele kom wie se belangrikste rivier die Gran Valira is, en die land verlaat in die suide naby die Spaans-Andorrese pad-grenskruising. Daar is twee belangrike sytakke en ses kleiner oop komme. Die komme het die naam voorsien waarvoor die streek tradisioneel bekend is, Die Valleie (Les Valls).

Die Valira del Nord is die noordwestelike sytak, en vloei naby aan El Serrat deur die nedersttings van Les Salines, Arans, La Cortinada, Sornàs, Ordino, en La Massana — waar dit ontmoet met die Tristaina River — en uiteindelik deur Les Escaldes waar dit die Valira d'Orient ontmoet en die Gran Valira vorm.

Die Valira d'Orient is die noordelike sytak, wat naby aan Grau Roig verby vloei deur Soldeu, Canillo, Encamp, en Les Escaldes waar dit die Madriu-rivier ontmoet en dan die Valira del Nord, vanwaar dit die Gran Valira word.

Daar is ook heelwat kleiner dreineringskomme wat oor Andorra se grense met Spanje en Frankryk span. Die vernaamste hiervan is die Pic de Maià-kom wie se belangrikste rivier, die Sant Josep, oostelik vloei uit die land uit in Frankryk in, en is 'n sytak van die Ariège-rivier.

Andorra het 172 mere, waarvan die grootste die Estanys de Juclar () is naby Pic de Noé in die noordooste.

Klimaat Die klimaat in Andorra wissel grootliks met hoogte. Die valleie het 'n klimaat wat soortgelyk is aan die gematigde klimaat van sy bure, maar as gevolg van die hoër ligging, is die winters geneig om feller te wees, die humiditeit laer en die somers effens koeler. Streke bo die Alpe se boomgrens tussen ongeveer het 'n Alpynse klimaat en Alpynse toendra. Sneeu bedek die noordelike valleie in geheel vir etlike maande. Daar is gemiddeld 300 dae per jaar sonskyn. Gemiddelde daaglikse piek sonbestraling wissel vanaf 150 W/m2 in Junie tot 280 W/m2 in Desember.Andorra – Escaldes,Weather UndergroundAtles climàtic de Catalunya. Periode 1961–1990. Servei Meteorològic de Catalunya, Generalitat de Catalunya.

Die gemiddelde jaarlikse temperature wissel van in Sant Julià de Lòria in die suide, tot in La Massana in die middel, en tot in Arcalis in die noorde. Die gemiddelde daaglikse maksimum en minimum temperature in Escaldes-Engordany is, respektiewelik, en in Julie, en en in Januarie.

Gemiddelde jaarlikse neerslag is vir die hele land, maar dit wissel regoor die land. Dit vermeerder met hoogte en van suid na noord. Die droogste gemeente is Sant Julià de Lòria ( per jaar) in die suide, en die natste is Canillo ( per jaar) in die noorde. Die jaarlikse neerslag kan oorskry op die hoogste berge. Die droogste maande is geneig om Januarie en Februarie te wees, en die natste Mei, Junie en November. Gedurende die somermaande is daar baie min reëndae, maar die reënval kan baie swaar wees aangesien dit gepaard gaan met donderstorms.

Natuurlike hulpbronne Ertslae van yster, lood, aluin, en bouklip is van die hulpbronne wat ontgin word in Andorra, alhoewel die ekonomie op 'n baie groter mate steun op toerisme. Andorra se bergagtige terrein lok jaarliks ongeveer 13 miljoen toeriste, primêr vir skisport en voetslaan. Die grootste aantal besoekers kom van Spanje en Frankryk – 10 743 201 en 3 723 869 onderskeidelik in 2007. Dit is ook 'n gewilde bestemming vir Britse toeriste, verantwoordelik vir een uit sewe van alle Britse pakketvakansies — meer as vir Switserland, Kanada en Amerika gesamentlik.M Clinch, A postcard from the Pyrenees, Daily Mail , 2004-01-28.

Natuurlike gevare Sneeustortings Daar is 'n risiko van sneeustortings van die middel van die winter tot vroeg somer. Sneeustortingbeheermetodes soos sneeuverwydering deur beheerde ontploffings, sneeunette, sneeuheinings, deflekters, vaste versperrings en sneeukompaksie word gebruik om gevaarlike sneeustortings te voorkom.JF Meffre (2001), La Predicció local del perill d'allaus a Andorra, La Gestió dels Riscos Naturals, Jornades del CRECIT, pp.100-106, 13/14 September 2001. G Furdada, JM Vilaplana, E Tomàs, D Mas (1998). The avalanche of La tartera de la Pica, Andorra. Procs. conference on 25 years of snow avalanche research, 203(I):104-107, Ed: E Hestnes, Norwegian Geotechnical Institute, Oslo.

1996 Arinsal sneeustorting Die Arinsal sneeustorting van 1996 was 'n uitsonderlike kragtige poeiersneeu sneeustorting wat gevolg na 'n hele aantal dae van baie swaar sneeuval en sterk winde.Bon Dia newspaper, February 1996 Om 19:00 op 8 Februarie 1996, tref die sneeustorting die dorpie van Arinsal en vernietig of beskadig baie karre, geboue en hotelle ernstig, insluitend die Crest-hotel, die Rocky Mountain-kroeg en woonstelle bo-op, die Asterics-kroeg, met geringe skade aan drie woonstelblokke onder konstruksie deur 'n Russiese maatskappy, wat nog steeds onder konstruksie is; ontruiming van die inwoners en toeriste in die dorpie is 'n uur en 'n half voor die storting afgehandel, met die gevolg dat geen lewens geëis is nie, maar materiële en ekonomiese skade was groot.Avalanche d'Arinsal en Andorre du 8 février 1996 , JF Meffre (Consellet tècnic en allaus, Servei de predicció d'allaus d'Andorra). Na die tyd het die regering die oprig van 'n sneeudam gelas regoor die Arinsal-vallei om toekomstige sneeustortings te voorkom. Die Arinsal-sneeudam, wat hoog en wyd is, het 52 miljoen frank gekos het en grond en klip is gebruik.

1970 Pas de la Casa sneeustorting Die 1970 Pas de la Casa sneeustorting was 'n poeiersneeustorting wat plaasgevind het na 'n hewige sneeustorm vars sneeu agter gelos het bo-op die bestaande sneeubedekking op die berghange bo Pas de la Casa. Die sneeustorting het begin teen 'n hoogte van op die boonste hange van die Pic d'Envalira (), afwaarts versnel teen die 35° helling en gespoel oor ses van die draaie van die ou CG-2 pad wat teen die berg af kronkel na die dorpie van Pas de la Casa toe, wat lê op 'n hoogte van . Daarna tref dit die dorpie en beskadig verskeie geboue, insluitend 'n reseptuurafdeling waar dit die lewe van 'n verpleegster eis. In 1970 het Pas de la Casa heelwat minder geboue gehad as deesdae, so die skade was redelik beperk. Later jare soos die ontwikkeling van die ski-oord voort gegaan het, is planne bestudeer vir sneeustortingbeheer, maar dit was eers in 1985 dat sterk beskermingstrukture soos windbrekers en sneeuheinings opgerig is. Die nuwe CG-2 loop deur die Envalira-tonnel, en vermy sodoende Pas de la Casa en die moontlikheid van sneeustortings.

Grondverskuiwings Grondverskuiwings kom gereeld voor in Andorra; hulle is geneig om te volg na periodes van hewige reënval.R Capons-Llorens (2005), El relleu postglacial al Principat d'Andorra – Les dinàmiques de vessants i fluviotorrencials. Jornades del CRECIT – Horitzó, 8(2):25-33.

'n Grondverskuiwing gedurende spitsverkeer die aand van 25 Januarie 2008 stort los grond en klip bo vanaf die berghange af tot op die CG-3 hoofpad (Avinguda del Través de la Massana) tussen La Massana en Ordino, en versper dit vir drie dae, en bedek ook heeltemal 'n opelug parkade en heelwat karre. Die enigste skade was aan eiendom, niemand is beseer nie, maar die inwoners van 'n woonstelblok langs die grondverskuiwing moes ontruim word aangesien die gebou onveilig verklaar is. Die gebou staan steeds leeg. Die oorsaak van die grondverskuiwing is vasgestel as sakking van die aarde as gevolg van onvoldoende grondversterking met die uitgrawe en oprig van die parkade 30 jaar gelede. L'esllavissada prové del desgast natural i l'excavació al pàrquing, Diari d'Andorra , No.5735, pp.1,3-4, 27 January 2008Una esllavissada talla la carretera de la Massana a Ordino i obliga a desallotjar els veïns, 3cat24 , 26 January 2008,

Op 7 Julie 2009, val 'n rotsstorting tot op die CG-3 hoofpad tussen La Massana en Andorra La Vella, en versper die pad naby die ingang van die Pont Pla-tonnel vir drie ure. Skermnette op die berghange keer meeste van die rotsstorting, maar spoel oor die nette en val op die pad en sypaadjie.M Miño (2009), Una esllavissada obliga a tallar tres hores la carretera de la Massana, Bon Dia newspaper, 7 July 2009.

Aardbewings