duimnael|links|'n Boerboel se kenmerkende gesig. 'n Boerboel is 'n Suid-Afrikaanse hond wat spesifiek vir waghonddoeleindes geteel is. Die honde is geskiedkundig aangehou vir beskerming teen aanvalle van wilde diere.

Rasgeskiedenis Boerboelle is die enigste honde wat uitsluitlik in Suid-Afrika geteel is as waghonde. Dit word algemeen aanvaar dat die ras se oorsprong 'n kruis is tussen inheemse honde uit Afrika en spesies wat ingevoer is tydens die Europese vestiging in die Kaap. De Beers het in 1928 bullmastiff honde ingevoer om die myne te bewaak, welke ras ook gekruis was met boerboelle.

Voorkoms en karaktereinskappe duimnael|'n Geregistreerde boerboel. Hoewel daar verskeie verenigings bestaan wat boerboelle registreer, elk met hul eie rasstandaarde, is daar 'n algemene konsensus oor die mees opvallende aspekte.

Die boerboel is ’n groot hond met 'n indrukwekkende en ontsaglike, kragtige voorkoms. Die hond het 'n prominente en goed ontwikkelde spierstelsel met veerkragtige beweging. Die vel is dik, los met matige plooie op die voorkop. Die pels is kort en glad, met ’n digte haarbedekking oor die hele hond. Die erkende kleure is alle skakerings van geel, bruin, briekwa, of swart.

Die boerboel se kop is kort, breed, diep, blokkig en gespierd en met goed gevulde wange en kan swart gemaskerd wees.

Die mees gesogde karaktereienskap is die boerboel se getrouheid en gewilligheid om sy familie te beskerm (beskermingsdrang) as gevaar dreig. Ander eienskappe is gehoorsaamheid en intelligensie, met 'n selfversekerde en vreeslose houding.

Beperkings in die res van die wêreld In 2002 het Roemenië die invoer van die Boerboel verbied en die eienaarskap van die hond beperk. In 2010 is die Boerboel verban in Denemarke omdat dit 'n veghond sou wees. In 2011 het Rusland die Boerboel as 'n besonder gevaarlike ras aangewys, onderhewig aan verpligte registrasie en sertifisering.https://petolog.com/articles/banned-dogs?CODE=banned-dogs#russia/ Die Oekraïne het die Boerboel as 'n gevaarlike hond geklassifiseer, onderworpe aan verpligte mikroskyfie, muilband en siviele aanspreeklikheidsversekering.

Boerboele word ook verbied of beperk in

Frankryk Fairfield, Iowa Maleisië Katar Genève, Switserland Mauritius Bermuda Singapoer—bestaande honde moet aanspreeklikheidsversekering van ten minste $100,000 hê, sterilisasie, mikroskyfie em muilband. Denemarke — boerboele moet te alle tye gemuilband en aan 'n leiband in die openbaar wees. Romenië — beperkings op eienaars (ouderdom bo 18, moet fisies en geestelik geskik wees om 'n boerboel aan te hou). Tunisië Faroëreilande Turks- en Caicoseilande

Eksterne skakels

World Wide Boerboels Boerboel International Boerboels UK The UK Boerboel Club SABBA USA SABBA/SABT Kennel Union of South Africa Boerboel Breeders Australia Russian Boerboel Site Russian Boerboel Board The Norwegian Boerboel Assosiation

Verwysings

Kategorie:Honde