Die swartrugkwarteltjie (Turnix nanus) is 'n standvoël wat aan die suidkus van KwaZulu-Natal, Eswatini en verder noord kuslangs voorkom. Dit word ook in die onmiddellike binneland vanaf die noordkus van KwaZulu-Natal tot in sentraal-Zimbabwe aangetref. In Engels staan die voël bekend as die Black-rumped buttonquail.

Die voël is tussen 14 – 15 cm groot en weeg tussen 40 – 60 gram. Hulle verkies vogtige grasveld, dikwels om watermassas en ook vogtige dele in heuwel- en bergwêreld om in te leef. Die voël se roep en sang is: ooooop-ooooop.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Kategorie:Korhane en wildepoue