Deon Stegmann (gebore op Cradock op 22 Maart 1986) is 'n rugbyspeler wat vir die Blou Bulle in die Curriebeker en die Bulls in Superrugby op flank speel.

Stegmann is die klassieke baljagter met 'n lae gravitasiepunt, wie voordeel trek uit die huidige spelreëls - en sy antisipasie en gehardheid is 'n groot aanwins vir die Bulls. Hy dra die nommer 6-trui sedert 2008 nadat hy in elke Super 14 wedstryd gespeel het, en die toekenning as "Bulls Voorspeler-van-die-jaar" in 2008 ontvang het.

Hy is een van Superrugby se beste oopkant-flanke van 2008 to 2012. Hy is een van die hardste werkers in die Bullsgroep, wat gereeld die voorloper is met duikslae, bal-omkeer en werkstempo-statistiek vir die Bulls. Sy tyd vir die 100 meter naelloop is 10.8 sekondes.

Vir die Bulls, speel Stegmann in 'n lostrio saam met Springbokflank Dewald Potgieter en sy kaptein en Springbok-agsteman, Pierre Spies. Hulle wen twee opeenvolgende Super 14 titels, sowel as die plaaslike Curriebeker.

Eksterne skakels Bulls profiel SA Rugby profiel rugby.com.au profiel itsrugby.co.uk profiel

Verwysings

Kategorie:Suid-Afrikaanse rugbyspelers Kategorie:Bulls rugbyspelers Kategorie:Geboortes in 1986 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Springbokrugbyspelers Kategorie:Afrikaners