Die Afrikaanse kwartel (Coturnix coturnix) is 'n trekvoël wat feitlik dwarsoor Suid-Afrika en Namibië voorkom. In Engels staan die voël bekend as die Common quail.

Die voël is klein en lig dofgeel met swart-en-wit strepe oor die rug. Hulle het ook prominente wit wenkbroue. Die mannetjie se keel is swart of rooibruin. Sy roep en sang is: whit whit-whit en skree krwee-krwee in vlug. Hulle verkies grasvelde en landerye om in te leef.

Fotogalery

Sien ook

Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Verwysings

Kategorie:Kwartels, patryse en fisante