duimnael|Rooi, geel en groen soetrissies. Dit word in pakke van drie verkoop en staan bekend as "verkeerslig-rissies"
Die soetrissie is die vrug van 'n kultivar van die Capsicum annuum. Ander kultivars van dieselfde spesie lyk heel anders en staan ook bekend as brandrissies. Die spesie kom oorspronklik uit Suid-Amerika, maar het in Europa bekendheid verwerf in Hongarye en Turkye. Rissiesaad is in 1493 na Spanje versprei en daarvandaan na ander lande in Europa, Afrika en Asië. China is tans die wêreld se grootste rissieprodusent, gevolg deur Meksiko en Indonesië.
Engelse name sluit in bell pepper, sweet pepper of net pepper (in Brittanje en Ierland) en capsicum (in Indië, Australië en Nieu-Seeland). Dit is 'n kultivargroep van die spesie Capsicum annuum. Kultivars van die plant produseer vrugte in verskillende kleure: rooi, geel, oranje, groen, asook bruin, ivoor, lig- en donkerpers.
Voedingswaarde Soetrissies het 'n redelike hoë vitamien A-inhoud. Verder bevat dit ook vitamien B6, riboflavien,vitamien C, vitamien E, kalium en mangaan.
Top rissie-produserende lande LandMetrieke ton (2007)14 033 0001 690 0001 100 0001 090 9211 065 000855 870723 000475 000345 000340 000Wêreldtotaal26 056 900
Galery
Kategorie:Groente Kategorie:Vrugte