duimnael|links|Malaja Nefka, met die Lazarefski-brug en Krestofski-eiland. duimnael|links|Die Malaja Nefka en Kamenni-eiland. Die Klein-Nefkarivier of Malaja Nefka (Russies: Ма́лая Не́вка) is die suidelike sytak van die Bolsjaja Nefka. Laasgenoemde verdeel naby die mees suidelike punt van Kamenni-eiland in Sint Petersburg in die Malaja Nefka (die suidelike tak) en die Srednaja Nefka (die noordelike tak).
Die rivier is sowat 5 km lank en tot 7 meter diep, en die breedte wissel van 120 tot 300 meter. Sy sytakke is die Krestofka, Karpofka en Zjdanofka.
Daar is vier brûe oor die Malaja Nefka: Kamennoostrofski-, Lazarefski-, Groot Krestofski- en Groot Petrofski-brug.
Kategorie:Riviere in Rusland Kategorie:Sint Petersburg