Die Middel-Nefkarivier of Srednaja Nefka (Russies: Сре́дняя Не́вка) is een van die sytakke van die Newarivier by Sint Petersburg, Rusland.

Dit is geleë tussen Jelagin-, Kamenni- en Krestofski-eiland en vloei uit in die Newa-baai. Die rivier is sowat 2,6 km lank en tot 8,4 meter diep, en die breedte wissel van 100 tot 230 meter. Die 1ste en 2de Jelagin-brug loop oor die Srednaja Nefka.

Verwysings

Kategorie:Riviere in Rusland Kategorie:Sint Petersburg