Suman Sahai is 'n Indiese aktivis en die stigter van "Gene Campaign".

Loopbaan Sahai het 'n Ph.D. van die Indian Agricultural Research Institute (1975). Sy het gewerk aan die Universiteit van Alberta, Universiteit van Chicago, en die Universiteit van Heidelberg, waar sy haar habilitasie in menslike genetika gedoen het. Volgens die Web of Science het Sahai meer as 40 artikels gepubliseer, meestal oor beleidkwessies met betrekking tot geneties-gemodifiseerde organismes, wat meer as 150 keer aangehaal is (h-indeks = 7).Web of Science, besoek op 2013-03-29.

Toekennings Order of the Golden Ark, 2001 Borlaug Award, 2004 Padma Shri, 2011

Omstredenheid In April 2013 is aangedui dat Sahai plagiaat gepleeg het in haar habilitasie-tesis, wat ingedien was aan die Universiteit van Heidelberg in 1986. Verder is sy beskuldig dat sy haarself as 'n professor van daardie universiteit voorgegee het, sonder dat sy ooit werklik so 'n posisie beklee het. Op 14 April 2013 het die Universiteit van Heidelberg bevestig dat plagiaat plaasgevind het, dat Sahai geen reg het om haarself 'n professor van die Universiteit van Heidelberg te noem nie, en dat haar habilitasie teruggetrek is.

Verwysings

Kategorie:Indiese wetenskaplikes Kategorie:Aktiviste Kategorie:Biochemici Kategorie:Genetici Kategorie:Lewende mense