Die Klein-Newarivier of Malaja Newa (Russies: Ма́лая Нева́) is die tweede grootste sytak van die Newarivier. Die Newa verdeel naby die Strelka, die mees oostelike punt van Wasiljefski-eiland in Sint Petersburg, in die Bolsjaja Newa (die suidelike tak) en die Malaja Newa (die noordelike tak).
Die rivier is 4,25 km lank en tot 7 meter diep, en die breedte wissel van 200 tot 400 meter. Sy sytakke is die Smolenka en Zjdanofka.
Daar is twee brûe oor die Malaja Newa, Beurs- en Toetsjkof-brug.
Kategorie:Riviere in Rusland Kategorie:Sint Petersburg