Die Kansasrivier (Engels: Kansas River), in die sentrale deelstaat Kansas in die Verenigde State, vloei in 'n oostelike rigting as een van die takriviere van die Missouririvier met 'n lengte van slegs 185 kilometer van sy oorsprong in Geary County tot by sy monding in die Missouririvier in Wyandotte County. Die rivier maak deel uit van die Jefferson-Missouri-Mississippi-rivierstelsel, die grootste in Noord-Amerika en een van die grootstes ter wêreld – met 'n totale lengte van 6 300 kilometer (3 900 myl) is dit die vierde langste ter wêreld, en volgens sy afloop van 2 445 m³/s (86 340 ft³/s) die tiende grootste ter wêreld.

Oorsprong en roete Vanaf die samevloei van die Republicanrivier en die Smoky Hillrivier, net oos van die plek gepas genaamd Junction City (310 m bo seevlak), vloei die Kansasrivier ongeveer 238 kilometerU.S. Geological Survey. National Hydrography Dataset high-resolution flowline data. The National Map , besoek op 31 Mei 2011 in 'n oostelike rigting om by die Missouririvier aan te sluit by Kaw Point (220 m bo seevlak) in Kansas City. Die hele Kansasrivier val slegs 98 meter op sy roete seewaarts, dit is ongeveer 38 cm/km. Die Kansasvallei is slegs 185 kilometer lank; die res van die lengte van die rivier is 'n gekronkel deur die vloedvlakte. Die rivier se oorspronklike roete volg rofweg 'n paadjie van gesmelte gletserwater van die Kansan-gletser.environmental news service

Die Kansasrivier is vernoem na die Kanza- (Kaw) mense wat die area lank gelede begin bewoon het. Die Kansasrivier speel steeds 'n beduidende rol vir die Amerikaanse uitbreiding na die weste.The Encyclopedia of Kansas (1994)

Eksterne skakels Bowersock Mills & Power Company Kaw Point Kaw Valley Heritage Alliance USGS Lower Kansas

Verwysings

Kategorie:Iowa Kategorie:Kansas Kategorie:Missouri Kategorie:Montana Kategorie:Nebraska Kategorie:Noord-Dakota Kategorie:Riviere in die Verenigde State van Amerika Kategorie:Suid-Dakota