duimnael|Topografiese kaart van Seelandië. duimnael|Geologiese kaart van Seelandië.

Seelandië, ook bekend as Tasmantis of die Nieu-Seeland-kontinent, is ’n feitlik heeltemal onderwaterse kontinentale fragment in die Suidelike Halfrond. Dit is oos van die kontinent Australië in die Stille Oseaan geleë. Seelandië streek oor ’n gebied van meer as 3,5 miljoen vierkante kilometer en is groter as Groenland of Indië, maar kleiner as Australië. Op die kontinentale fragment is die land Nieu-Seeland en die Franse oorsese gebied Nieu-Kaledonië geleë.

Seelandië het meer as 60-85 miljoen jaar gelede van Australië en meer as 85-130 miljoen jaar gelede van Antarktika weggebreek. Dit is vermoedelik al 23 miljoen jaar feitlik heeltemal onderwater.

Vanweë verskeie geologiese oorwegings, soos die dikte en digtheid van die kors, kan dit waarskynlik as ’n kontinent uit eie reg beskou word.Mortimer, Nick; Hamish Campbell (2014). Zealandia: Our continent revealed. North Shore, New Zealand: Penguin Books. pp. 72ff. Dit is die mening wat in 2017 die nuus gehaal het toe geoloë van Nieu-Seeland, Nieu-Kaledonië en Australië tot die gevolgtrekking gekom het dat Seelandië aan al die nodige vereistes voldoen om as ’n kontinent beskou te word, eerder as ’n kontinentale fragment. Dit is wyd deur die media gedek.

Gebiede Nieu-Seeland, met ’n oppervlakte van 267 988 km² en ’n bevolking van 4 430 400 Nieu-Kaledonië, met ’n oppervlakte van 18 576 km² en ’n bevolking van 252 000 Verskeie gebiede van Australië Lord Howe-eiland, met ’n oppervlakte van 56 km² en ’n bevolking van 347 Norfolkeiland, met ’n oppervlakte van 35 km² en ’n bevolking van 2 302

Verwysings

Eksterne skakels

Zealandia the New Zealand (drowned) Continent. Te Ara – the Encyclopedia of New Zealand The coast and beyond. GNS Science, met ’n kaart van Seelandië

Kategorie:Geografie van Nieu-Kaledonië Kategorie:Geografie van Nieu-Seeland Kategorie:Geografie van Norfolkeiland Kategorie:Historiese kontinente