duimnael|300px|Die RMS Lusitania
Die RMS Lusitania is tydens die Eerste Wêreldoorlog op 7 Mei 1915 deur 'n Duitse duikboot aan die suidkus van Ierland gekelder. Hierdie skip was die eiendom van die Britse Cunard-redery en was onderweg van New York na Liverpool. Binne 20 minute het die skip gesink en het 1 198 mense verdrink. Daaronder was 128 met Amerikaanse burgerskap. Die Duitsers het die torpedering geregverdig omdat die Lusitania wapentuig vervoer het. Die aanval op die skip het die openbare mening in die VSA laat wegswaai van neutraliteit.
Kyk ook SS Lusitania
Eksterne skakels Aanlyn-versamelings
Lusitania Online - The home port of RMS Lusitania on the web Museums
National Museums Liverpool - Merseyside Maritime Museum: Lusitania collection
Kategorie:Skeepswrakke Kategorie:Skepe betrokke in Eerste Wêreldoorlog