Gaffie du Toit (* 24 Maart 1976, Kuilsrivier) is ’n uitgetrede Springbokrugbyspeler wat vir die Griekwas, Natalse Haaie, Westelike Provinsie, Vrystaat Cheetahs en die SWD Arende in die Curriebeker- en Vodacombekerreekse gespeel het. Hy het ook vir die Cats, Sharks, Stormers en Cheetahs in die Superrugbykompetisie uitgedraf.

Du Toit het in 1997 vir die Westelike Provinsie se o/21-span in die Curriebeker se o/21-reeks en vir die Universiteit Stellenbosch se eerste rugbyspan in die Supersport Klubkampioenskap gespeel. Hy is daarna na Griekwaland-Wes vanwaar hy ’n Springbok geword het. Hy het ook vir Natal, die Westelike Provinsie en die Vrystaat gespeel voordat hy sy loopbaan in 2006 in Frankryk voortgesit het om vir Stade Toulousain te speel.

In 2009 het hy na Suid-Afrika teruggekeer om vir die SWD Arende te speel. Du Toit het aan die einde van 2010 uit rugby getree.

Eksterne skakels

Kategorie:Cats rugbyspelers Kategorie:Cheetahs rugbyspelers Kategorie:Sharks rugbyspelers Kategorie:Stormers rugbyspelers Kategorie:Springbokrugbyspelers Kategorie:Suid-Afrikaanse rugbyspelers Kategorie:Geboortes in 1976 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Lions rugbyspelers Kategorie:Afrikaners