duimnael|links|Nicholas Liverpool met sy vrou en Barack en Michelle Obama Nicolas Joseph Orville Liverpool (* 9 September 1934 in Grand Bay, Dominica) is 'n partylose Dominicaanse politikus wat tussen 2 Oktober 2003 en 17 September 2012 as president van dié Karibiese eilandnasie gefungeer het. Hy is deur Eliud Williams opgevolg.

Liverpool het sy akademiese opleiding aan die Universiteit van Hull ontvang en in 1960 'n baccalaureusgraad in Regte verwerf. Hy het sy studies aan die Universiteit van Sheffield voortgesit en hier in 1960 sy doktorsgraad (Ph.D.) gekry.

In 1998 is hy as Dominicaanse ambassadeur in die Verenigde State benoem – 'n amp wat hy tot en met 2001 beklee het.

Eksterne skakels Amptelike webwerf van die president se kantoor, die Statebond van Dominica

Kategorie:Dominica Kategorie:Presidente Kategorie:Geboortes in 1934 Kategorie:Sterftes in 2015