Bob Courtney (1923–2010) was 'n Suid-Afrikaanse akteur en omroeper. Hy was veral bekend as die "rooinek" in Jamie Uys se rolprente en vir sy programme op die destydse Springbokradio.
Biografie Christopher Robert Courtney Leaver is op 25 Oktober 1923 in Dorset in Engeland gebore. In 1946 emigreer hy na Suid-Afrika en sluit in 1947 by die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie aan. Hy bied verskeie programme op Springbokradio aan, waaronder "Pick a Box", "Eyegene Jackpot" en "top the Music". In 1996 stig hy en Peter Lotis die radiostasie "Radio Today" vir ouer luisteraars. Hy tree in 2008 af en is op 23 Oktober 2010 op 86-jarige ouderdom in Johannesburg oorlede.Bekende akteur en radio-omroeper sterf , Die Burger, 25 Oktober 2010
Filmografie Witblits en Peach Brandy, 1978 as kol. Wesley Ashgate Pens en Pootjies, 1974 as beampte by resies The Jackals, 1967 as Dandy The Cape Town Affair, 1967 as kapt. Herrick, veiligheidspolisie Kruger Miljoene, 1967 All the Way to Paris, 1966 as Granger J. Wellborne King Hendrik, 1965 as Charles Buckley Dingaka, 1964 as kapelaan in gevangenis Lord Oom Piet, 1962 as Sir David Willoughby Hans en die Rooinek, 1961 as Sidney Spring Summer Love, 1958 as "Half-Note Harris" Rock, Pretty Baby as 1956 "Half-Note Harris"
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse akteurs Kategorie:Geboortes in 1922 Kategorie:Sterftes in 2010 Kategorie:Suid-Afrikaanse immigrante uit Groot-Brittanje