Hans en die Rooinek is 'n swart en wit Afrikaanse rolprent wat op 27 November 1961 vrygestel is.

Genre Die rolprent is 'n komedie. Dit het geen ouderdomsperk nie en is goeie gesinsvermaak.

Hoofrolspelers Bob Courtney as Sidney Spring Jamie Uys as Hans Botha Wynona Cheyney as Ann Emsie Botha as Martie Christo Gerber Willem Loots Willie Herbst Gabriel Bayman Sarah Sylvia Dave Cohen

Storielyn Die taalstryd word komies in hierdie rolprent uitgebeeld met twee buspassasiers, een Afrikaans en een Engels, wat mekaar oor hul tale invlieg. Hulle word van die bus afgegooi en moet al die pad terugstap Johannesburg toe.

Sien ook Lys van Afrikaanse rolprente

Kategorie:Afrikaanse rolprente Kategorie:Komedierolprente Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprente