Die Sterrewagteater is ’n sterrewag op Naval Hill in Bloemfontein wat in 1978 deur Sukovs in ’n teater omskep is.
Geskiedenis Die Lamont-Hussey-sterrewag is in 1928 voltooi en het aan die Universiteit van Michigan behoort. Die bestuur daarvan is later deur die Universiteit van die Vrystaat oorgeneem. Teen 1971 is dit egter nie meer gebruik nie en in 1972 is dit gesluit. Aangesien die Universiteit van Michigan nie meer die gebou kon gebruik nie, het hulle dit aan die Bloemfonteinse munisipaliteit geskenk en dit het daarna ’n paar jaar lank leeg gestaan.
In 1978 het die munisipaliteit dit aan Sukovs beskikbaar gestel om vir eksperimentele teater te gebruikThe Encyclopaedia of South African Theatre, Film, Media and Performance URL besoek op 5 Maart 2013 en hulle het die gebou in 'n teater omskep. Dit is heeltemal rond met ’n halfmaanvormige verhoog en 119 sitplekke. Dit het in 1979 geopen met ’n Sukovs-produksie van Die Huigelaar, ’n Afrikaanse vertaling van Molière se Tartuffe, onder spelleiding van Jannie Gildenhuys. In 1997 het die Vrystaat-ensemble die bedryf van die teater oorgeneem en dit opgeknap.Sterrewag-teater verval, Volksblad, 3 Maart 2011 URL besoek op 5 Maart 2013
Die teater het intussen in onbruik geraak. Dit is in 2006 laas gebruik.
Verwysings
Kategorie:Geboue en strukture in Bloemfontein Kategorie:Suid-Afrikaanse teaters