Die Ernest Oppenheimer-teater is ’n teater in Welkom in die Vrystaat. Dit is genoem na Welkom se stigter, Ernest Oppenheimer, 'n bekende Suid-Afrikaanse sakeman en die stigter van die diamantkartel wat deur die maatskappy De Beers beheer is.Ernest Oppenheimer-teater URL besoek op 6 Maart 2013Biografie by brenthurst.org URL besoek op 24 Oktober 2014

Geskiedenis Die teater is in 1968 gebou. Dit is deel van die Welkomse Burgersentrum en is ontwerp om opera, ballet, musiek en toneel aan te bied. Dit het plek vir sowat 750 mense.The Encyclopaedia of South African Theatre, Film, Media and Performance URL besoek op 6 Maart 2013 Die teater is op 15 Februarie 1968 geopen met Die Bedelaarstudent, ’n Afrikaanse vertaling van Carl Millöcker se Der Bettelstudent (1882). Dit is deur Sukovs gebruik en was ook gewild onder amateurgeselskappe.

Brand In Oktober 2011 het ’n brand in die teater uitgebreek tydens ’n vertoning deur ’n vlamdanser en miljoene rande se skade is aangerig.Smeulende dansers laat teater brand, Volksblad, 1 November 2011 URL besoek op 6 Maart 2013 Nadat meer as ’n jaar gesloer is weens onderhandelings met die teater se versekeringsmaatskappy,Topteater doodstil, Volksblad, 6 Desember 2012 URL besoek op 6 Maart 2013 is in Januarie 2013 eindelik aangekondig dat die herstelwerk aan die teater sou begin.Lig in die tonnel, Volksblad, 17 Januarie 2013 URL besoek op 6 Maart 2013

Verwysings

Eksterne skakels Die Ernest Oppenheimer-teater se amptelike webtuiste

Kategorie:Suid-Afrikaanse teaters