Die Fugard-teater, wat genoem is na die dramaturg Athol Fugard, is op 12 Februarie 2010 in die nasionale erfenisgebied Distrik Ses, Kaapstad, geopen.The Encyclopaedia of South African Theatre, Film, Media and Performance URL besoek op 2 Maart 2013
Dit is in die historiese Sacks Futeran-gebou, voorheen ’n materiaal- en klerewinkel, in Caledonstraat geleë. Fugard het die teater amptelik geopen.Fugard open Kaapse teater, Die Burger, 15 Februarie 2010 URL besoek op 2 Maart 2013 ’n Groep sangers, musikante en akteurs uit Kaapstad se townships, wat in 2006 deur Eric Abraham bymekaargebring is as die Isango Portobello-groep, het Mozart se opera Die Towerfluit uitgevoer.
In Maart 2010 het die wêreldpremière van The Train Driver, ’n nuwe Fugard-stuk wat spesiaal vir die teater se opening geskryf is, hier plaasgevind.Fugard skilder donker, lieflike landskap, Die Burger, 26 Maart 2010 URL besoek op 2 Maart 2013
Verwysings
Eksterne skakel Die Fugard-teater se amptelike webtuiste
Kategorie:Geboue en strukture in Kaapstad Kategorie:Suid-Afrikaanse teaters