James Norval (1908 – 1970) was 'n Suid-Afrikaanse teater- en filmakteur. Hy werk aanvanklik vir die Hendrik Hanekom Geselskap. In 1934 tree Hanekom af om 'n teaterskool in Bloemfontein te open. Norval begin sy eie groep, die James Norval Geselskap en toer met stukke soos Die Verlore Siel, Vadertjie Langbeen, Dracula en Gebeurtenis in die Nag.James Norval Geselskap op ESAT, besoek op 3 Maart 2013

Norval was met die aktrise Anna Cloete getroud. Hul enigste kind, Paddy Norval het soms saam met hulle opgetree.

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het hom in 1967 vereer met sy Erepenning vir Toneelkuns.

Filmografie As akteur: Kruger Miljoene, 1967 Gevaarlike Spel, 1962 Voor sononder, 1962 as gas in hotel Geheim van Onderplaas, 1962 Stropers van die Laeveld, 1962 The Hellions, 1961 as winkeleienaar (nie gekrediteer nie) Spore in die Modder, 1961 Last of the Few, as Paul Kruger Nooi van my Hart, 1959 as mnr. Brand Paul Krüger, 1956 as Paul Krüger 'n Plan is 'n Boerdery, 1954 Sarie Marais, 1949 as Hendrik Die kaskenades van Dr. Kwak, 1948 Lig van 'n Eeu, 1942

As regisseur: Spore in die Modder, 1961

Verwysings

Kategorie:Suid-Afrikaanse akteurs Kategorie:Geboortes in 1908 Kategorie:Sterftes in 1970