duimnael|240px|links|Chris van Niekerk, Maxine Denys en Harold King in die vroeë 1960's in Three-Cornered Hat in die Alhambra, Kaapstad.
Die Alhambra-bioskoop, ook bekend as die Alhambra-teater, was ’n teater in Riebeeckstraat, Kaapstad, wat in 1929 in gebruik geneem is.
Geskiedenis Die Alhambra is in 1928 gebou vir die African Consolidated Theatres deur Harry Stodel. Dit is beskryf as Suid-Afrika se beste "atmosferiese teater".The Encyclopaedia of South African Theatre, Film, Media and Performance URL besoek op 3 Maart 2013 Dit het ’n unieke Wurlitzer-teaterorrel-en-musieksentrum gehad wat ook talle klanke kon naboots.Eertydse Alhambra teater se Wurlitzer-orrel aan Nico Malan Opera geskenk, Die Burger, 2 Desember 1995 URL besoek op 3 Maart 2013 Dit is in 1929 in gebruik geneem en was jare lank een van Kaapstad se grootste teaters.
Toneelstukke en musiekspele is ook vier dekades lank in die teater opgevoer. Van die bekende kunstenaars wat hier opgetree het, is Marlene Dietrich,Nie Sophia nie, Beeld, 8 Oktober 2010 URL besoek op 3 Maart 2013 Nellie du Toit,Nellie du Toit gee klas by Truk, Beeld, 20 Januarie 1995 URL besoek op 3 Maart 2013 Angelo GobbatoCape Town Opera URL besoek op 3 Maart 2013 en Phyllis Spira.Main choreographies by Marina Keet op Grut Books URL besoek op 3 Maart 2013
Die enigste Afrikaans geselskap wat hier opgetree het, volgens André Huguenet, was sy geselskap met Is Jy ’n Bokryer in die 1940's. Dit is ook soms deur Kruik gebruik.
Die gebou is in Januarie 1972 gesluit en in 1974 gesloop.
Verwysings
Kategorie:Geboue en strukture in Kaapstad Kategorie:Suid-Afrikaanse teaters