Die Bosvelder is 'n Afrikaanse rolprent wat op 31 Januarie 1958 uitgereik is. Die film is 'n hermaak van Jamie Uys se debuutrolprent, Daar Doer in die Bosveld vir die wye skerm (35mm film).
Genre Die rolprent is 'n komedie.
Hoofrolspelers Jamie Uys as Hans Hettie Uys as Martie Johan du Plooy as as fotograaf Jan Bruyns
Storielyn Hans Botha, 'n ryk maar suinige boer moet die nuwe onderwyseres op die dorp gaan haal. Hy is egter bang vir meisies en doen boonop alles verkeerd. Sy motor, 'n stokou Model T-Ford, se remme is gedaan en die bakwerk val uitmekaar. Telkens as hy stop om 'n hek oop te maak, spring hy uit om 'n klip voor die wiele te rol, maar die motor ry telkens daaroor. Nadat hy die nooientjie opgelaai het, ry hy deur 'n dam water waar die kar vassit. Terwyl hy haar probeer "red", laat hy haar in die water val. Later, tydens 'n piekniek kry hy kans om vir alles te vergoed, maar dinge loop steeds skeef. Hy dink aan hoe dit sou wees om 'n behoorlike motor te hê, en alles reg sou verloop. Gelukkig vir hom loop al hierdie manewales op 'n huwelik uit.
Sien ook Lys van Afrikaanse rolprente
Kategorie:Komedierolprente Kategorie:Afrikaanse rolprente Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprente