Alan Stivell (gebore as Alan Cochevelou, 6 Januarie 1944) is 'n musikant en sanger van Bretagne, Frankryk. Hy sing in verskeie tale, onder meer Frans en Engels, en het gehelp om die Keltiese harp en Bretonse musiek weer gewild te maak.

Stivell het sy hoogtepunt in die 1970's bereik, maar daarna het die gewildheid van folkmusiek afgeneem. Vandag is hy veral gewild onder aanhangers van Keltiese musiek en Engelse folk.

Eksterne skakels Die webwerf van Alan Stivell

Kategorie:Franse sangers Kategorie:Bretagne Kategorie:Geboortes in 1944 Kategorie:Lewende mense