Geld soos bossies is 'n swart en wit Afrikaanse rolprent wat op 23 Junie 1955 vrygestel is. Jamie Uys was die regisseur, vervaardiger, draaiboekskrywer asook (saam met sy broer, Jok Uys) een van die hoofkarakters in die film. Die film is ook van Engelse onderskrifte voorsien en as Money To Burn heruitgereik. Dit was die eerste Suid-Afrikaanse film wat vir oorsese verspreiding verkoop is. Die film is, naas Suid-Afrika, ook in Brittanje en Nieu-Seeland vertoon.Sangoma of the silver screen, Jamie Uys (1921-1996) , besoek op 2 Maart 2013

Genre Die rolprent is 'n komedie.

Hoofrolspelers Jamie Uys as die een broer Jok Uys as die ander broer Johan du Plooy

Storielyn Twee brandarm broers verloor hulle werk en is desperaat om 'n vinnige fortuin te maak. Hulle bedink 'n metode met ketting-briewe...

Sien ook Lys van Afrikaanse rolprente

Verwysings

Kategorie:Afrikaanse rolprente Kategorie:Komedierolprente Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprente