Die Labia in Tuine, Kaapstad, is ’n rolprentteater waar veral kunsrolprente vertoon word. Dit was voorheen ’n verhoogteater.
Geskiedenis Die gebou was oorspronklik ’n danssaal wat aan die Italiaanse ambassade langsaan behoort het. In Mei 1949 is dit deur prinses Ida Labia geopen as ’n teater. Dit is deur die Cape Town Repertory Theatre Society (Reps) en die Kaapstadse Afrikaanse Toneelvereniging (KAT) gebruik.
Die bykomende finansiële las wat die teater op die toneelgeselskappe geplaas het, het daartoe bygedra dat die KAT in 1962 tot niet gegaan het en die Reps hul aandeel verkoop het.The Encyclopaedia of South African Theatre, Film, Media and Performance URL besoek op 2 Maart 2013 Dit het in 1981 ’n gewilde onafhanklike rolprentteater geword. Veral kunsrolprente word vertoon.
Verwysings
Eksterne skakel Die Labia se amptelike webtuiste
Kategorie:Geboue en strukture in Kaapstad Kategorie:Suid-Afrikaanse teaters