Vyftig-vyftig (ook 50/50, Vyftig/Fifty of Fifty-Fifty genoem) is 'n swart en wit rolprent met Afrikaanse en Engelse dialoog wat in 1952 vrygestel is. Jamie Uys was die regisseur en Jannie Raath die vervaardiger.

Genre Die rolprent is 'n komedie. Dit lewer 'n satiriese uitbeelding van die Boer teenoor Brit-politiekery van die tyd.

Hoofrolspelers Jamie Uys as die Boer Tromp Terre'blanche Hettie Uys Andries Roux Erika Norton

Storielyn Twee mans, een Afrikaans en een Engels, doen aansoek vir buskaartjies om 'n reis te onderneem. Hulle doen dit egter nie vir ontspanning nie, maar om hulself teen mekaar op te dring. Die twee stry en baklei gedurende die reis tot 'n medepassasier hulle versoek om sonder kos of water terug te stap, sodat die toer in vrede voortgesit kan word.

Sien ook Lys van Afrikaanse rolprente

Kategorie:Afrikaanse rolprente Kategorie:Komedierolprente Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprente