duimnael|240px|links|'n Leeumannetjie en 'n welpie vreet aan 'n buffel in die noorde van Sabi Sand. duimnael|260px|regs|'n Wildrit in Sabi Sabi, een van Sabi Sand se reservate.
Die Sabi Sand is 'n wildreservaat geleë aangrensend aan die Krugerwildtuin in die laeveld van Mpumalanga, Suid-Afrika, wat ook deel uitmaak van die Groter Limpopo Oorgrenspark. Die Newington-toegangshek is aan die suidekant by , noordwes van die Krugerhek en Skukuza.
Die wildtuin se naam is afkomstig van die Sabie- en Sandriviere wat daardeur vloei. Die oppervlak van die reservaat is 65 000 hektaar en dit deel 'n nie-omheinde grens van 50 km met die Krugerwildtuin aan sy oostekant.
Dierelewe Die reservaat beskik oor 'n groot verskeidenheid vrylopende wildsoorte: die Groot vyf (leeu, luiperd, witrenoster, buffel en olifant), sebra, kameelperd, klipspringer, steenbok, rooibok, rooijakkals, blouwildebees, rooihartbees, njala, koedoe, eland, duiker, kaapse bobbejaan, jagluiperd, Afrikasivet, seekoei, grootkolmuskeljaatkat, hiëna, rietbok, kolhaas, nagapie, witkwasjakkals, swartkwasmuishond, boomeekhoring, blouaap, vlakvark, ystervark, vaalboskat, waterbok, wildehond en witstertmuishond. Voëllewe sluit in saalbekooievaar, aasvoël, veereier, asook heelwat reptiele en ongewerweldes.
Eksterne skakels Sabi Sand Wildreservaat se amptelike webblad
Kategorie:Natuurreservate in Mpumalanga