Die Cristero-oorlog (Spaans: Guerra Cristera) was 'n burgeroorlog in Meksiko tussen die regering en boeremilisies, wat deur die Rooms-Katolieke Kerk ondersteun is, vanaf 1926 tot 1929. Hierdie opstand was teen antiklerikale bepalings van die Meksikaanse grondwet van 1917, maar asook teen inmenging van die sentrale regering teen die belange van die plattelandse gemeenskappe.
Die Meksikaanse Rewolusie was die grootste rebellie in die geskiedenis van Meksiko. Dit was veroorsaak deur die boere se oorweldigende vraag na land en vir sosiale geregtigheid. Die Rooms-Katolieke Kerk was versigtig om die rewolusie nie te ondersteun nie, wat by tye gedreig het vir die eiendomsreg van baie Meksikaners. Maar egter het die Calles' administrasie sy rewolusionêre hervormings ten opsigte van private eiendom, openbare onderwys en sosiale hervorming deur die Kerk bedreig gevoel. As 'n oplossing vir die kerk se invloed oor die Meksikaanse bevolking is antiklerikale klosules in die Grondwet aanvaar, waarmee 'n 10 jaar-lange vervolging van Katolieke, wat sal lei tot die dood van duisende mense, begin het.
Tydens die Meksikaanse Rewolusie het die ateïstiese president Plutarco Elías Calles antiklerikale bepalings in die grondwet van Meksiko bygevoeg om die Rooms-Katolieke Kerk en sy geaffilieerde organisasies te onderdruk. Ná 'n tydperk van vreedsame protes teen die grondwet en regering het in 1926 skermutselings en in 1927 gewelddadige opstande begin. Luis González, San Jose de Gracia: Mexican Village in Transition (University of Texas Press, 1982), bl. 154 Die rebelle het hulself Cristeros genoem, in oproep van Jesus Christus onder die titel van "Cristo Rey" of Christus die koning. Die oorlog is veral bekend vir die wapensmokkelary deur vroue en vir predikante, wat gemartel en vermoor is in die openbaar en later deur pous Johannes Paulus II heilig verklaar is.
Die oorlog het pous Pius XI se aandag getrek, wat tussen 1925 en 1937 'n aantal van pouslike ensiklieke geskryf het. Op 11 Desember 1925 het die pous Quas Primas oor die instelling van die Fees van Christus die Koning uitgereik. Op 18 November 1926 het hy Iniquis Afflictisque oor die vervolging van die Kerk in Meksiko uitgereik, waarin hy die gewelddadige anti-klerikale Kerkvervolging veroordeel. Philippe Levillain The Papacy: An Encyclopedia bl. 1208, 2002 Routledge Ten spyte van die regering se belofte aan die kerk, het die vervolging van die Katolieke voortgegaan. In reaksie hierop het pous Pius XI op 29 September 1932 Acerba Animi uitgereik. Acerba Animi Nadat die vervolging voortgegaan het, het hy Firmissimam Constantiam uitgereik en daarin sy teenkanting teen die "goddelose en korruptiewe skool" uitgedruk (bl. 22) en sy ondersteuning vir die Katoliese Aksie in Meksiko vir die derde agtereenvolgende keer met die gebruik van die plenaire toegewing op 28 Maart 1937.
Verwysings
Kategorie:Geskiedenis van Meksiko Kategorie:Oorloë Kategorie:Rooms-Katolieke Kerk Kategorie:Skending van menseregte