Acanthopagrus vagus is 'n vis wat aan die ooskus van Afrika voorkom vanaf sentraal Mosambiek, suidwaarts tot by Swartvlei aan die Suid-Kaapse kus. In Engels staan die vis bekend as Wandering seabream en het tans nog nie 'n Afrikaanse naam nie.
Voorkoms Die vis was aanvanklik verwar met Acanthopagrus berda. Die kop, lyf en vinne is silwer-wit van kleur. Die volwasse visse se anaalvin is geel en die membrane het 'n swarterige skynsel. Die boonste rand van die kieudeksel is swart en die punt van die pektoralevin is swart. Die vis word 60 cm lank en en weeg tot 3 kg.
Habitat As gevolg van die verwarring met A. berda is daar min inligting bekend omtrent die vis. Die vis se vleis is smaakvol.
Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies
Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.
Verwysings
Eksterne skakel http://www.fishbase.org/summary/Acanthopagrus-vagus.html
Kategorie:Beenvisse