Die Wit Sluier is 'n Afrikaanse rolprent wat in 1973 uitgereik is. Dit is geskoei op ’n Springbokradio-vervolgverhaal deur Naomi van Niekerk. Dirk de Villiers was die regisseur.
Genre Die rolprent is 'n drama.
Akteurs Van die akteurs is: Marié du Toit – Lise de Leeu Cobus Rossouw- Dr. Charl Beaumont Jan Bruyns – Prof. Klaus Schillinger Sandra Kotze – Suster Wannenburg Tromp Terre'blanche – Dr. Bosman Joey de Koker – Suster Blom Raedawn Stevens - Karen van Deventer
Storielyn ’n Jong gesin is met vakansie in die sneeubedekte berge van Switserland toe die seuntjie ernstig beseer word in ’n ongeluk. Die gesin se eenheid word versteur terwyl elkeen probeer om op sy eie sin te maak van die tragedie.
Sien ook Lys van Afrikaanse rolprente
Kategorie:Afrikaanse rolprente Kategorie:Dramarolprente Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprente