Dans van die Flamink is ’n Afrikaanse rolprent wat in 1974 deur Kavalier Films uitgereik is. Ivan Hall was die regisseur.

Genre Die rolprent is ’n avontuurdrama.

Akteurs Van die akteurs is Rod Alexander, Siegfried Mynhardt, Gaby Gertz en Anele Jonker.

Storielyn Alex, ’n grootwildjagter, raak verlief op Agnes, ’n gesofistikeerde blondine, maar sy los hom vir ’n ryk, ouer man. Drie jaar later reis dié man Afrika binne op ’n geheime sending saam met Agnes, nou sy eksvrou. Sy gaan saam omdat sy graag die jagter wil terughê. Hy het haar egter nie vergewe nie en vry na Patrys, ’n vrou wat sy liefde vir die buitelug deel. Terwyl die twee vroue meeding om Alex se hart, speel ’n ander drama hom af op ’n nabygeleë berg, wat deur die plaaslike inwoners as vervloek beskou word.

Sien ook Lys van Afrikaanse rolprente

Kategorie:Afrikaanse rolprente Kategorie:Avontuurrolprente Kategorie:Dramarolprente Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprente