Chris du Toit was ’n Afrikaanse akteur, regisseur, draaiboekskrywer, vervaardiger en lektor. Hy het gewild geword as die romantiese held in rolprente soos Sien Jou Môre, Die Vlindervanger, Boland! en Flying Squad.
Du Toit het daarna sy eie rolprentmaatskappy, CT-films, bedryf en onder meer vyf reekse vir TV geskryf en die regie van die rolprent Big Game behartig.
Hy het ook drie boeke geskryf: Draai sy Nek om, Elsa se Geheim en ’n versameling aanhalings genaamd Ander het Gesê.Toe en Nou, "Alleenloper Chris is tuis agter kameras", Beeld, 20 Januarie 1992
Du Toit is op 9 Maart 2016 aan 'n hartaanval oorlede.
Filmografie As akteur Elsa se Geheim (1979) Target of an Assassin (1977) Die Vlindervanger (1976) Liefste Madelein (1976) My Naam is Dingetjie (1975) Boland! (1974) Dog Squad (1973) Sperrgebiet: Diamantgebied No. 1 (1972) Vengeance Cops (1971) Sien jou môre (1970)
As regisseur Big Game (1988) Edge of Innocence (1988) Eendag vir Altyd (1985) Gemini (1980) Elsa se Geheim (1979)
As vervaardiger Elsa se Geheim (1979) Edge of Innocence (1988) Big Game (1988)
Bibliografie Boeke wat hy geskryf het: Draai sy Nek om Elsa se Geheim Ander het Gesê
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse akteurs Kategorie:Geboortes in 1933 Kategorie:Sterftes in 2016