Boland! is ’n Afrikaanse rolprent wat in 1974 deur Kavalier Films uitgereik is. Bertrand Retief was die regisseur.

Genre Die rolprent is ’n romantiese komedie.

Akteurs Van die akteurs is Chris du Toit, Gaby Getz en Wena Naudé.

Storielyn Die aantreklike Bolandse wynmaker Pieter-Jan van Yssen wil met sy ryk, bedorwe meisie trou en huur ’n bestuurder vir sy plaas vir wanneer hy op sy wittebrood gaan. Maar toe Jakobus Johannes Lodewikus du Toit op die plaas aankom, vind Pieter-Jan uit dis ’n vrou. Hy probeer Kobie soos ’n man behandel, maar dit raak al hoe moeiliker. Teen die tyd dat hy besef sy is die vrou vir hom, is sy aan sy beste vriend verloof en het sy troudag aangebreek.

Sien ook Lys van Afrikaanse rolprente

Kategorie:Afrikaanse rolprente Kategorie:Komedierolprente Kategorie:Romantiese rolprente Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprente